<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tussen-geldeenheid wisselkoerse - (nie in caps, ingesluit vir volledigheid)

Ons weet dat wisselkoerse die waarde van een geldeenheid uitdruk in terme van 'n ander geldeenheid en ons kan wisselkoerse teenoor enige ander geldeenheid uitdruk. Die rand wisselkoers wat ons in die media sien, word gewoonlik uitgedruk teenoor die belangrikste geldeenhede, USD, GBP en EUR.

Gestel byvoorbeeld, die rand wisselkoers word gegee as 6,71 ZAR/USD en 12,71 ZAR/GBP. Vertel dit vir ons enige iets in verband met die wisselkoers tussen USD en GBP?

Wel, ek weet dat as $1 vir my R6,71 kan koop, dan is die Britse pond (GBP) sterker as die dollar (USD) want jy gaan meer rande vir een eenheid van die geldeenheid kry. Ons kan dus die USD/GBP wisselkoers as volg bereken:

Voordat ons enige getalle gebruik, hoe kan ek die USD/GBP wisselkoers kry uit die ZAR/USD en ZAR/GBP wisselkoerse?

Wel,

USD / GBP = USD / ZAR × ZAR / GBP

Let op dat die ZAR in die teller kanselleer met die ZAR in die noemer, en dat ons oorbly met die USD/GBP wisselkoers.

Alhoewel ons nie weet wat die USD/ZAR wisselkoers is nie, weet ons dat dit net die omgekeerde is van die ZAR/USD wisselkoers.

USD / ZAR = 1 ZAR / USD

As ons nou getalle instel, kry ons:

USD / GBP = USD / ZAR × ZAR / GBP = 1 ZAR / USD × ZAR / GBP = 1 6 , 71 × 12 , 71 = 1 , 894
Dit kan gebeur dat daar wisselkoerse in die alledaagse lewe is wat lyk asof die nie presies so werk soos hier verduidelik nie. Dit is gewoonlik omdat sommige finansiële instellings ander kostes byvoeg by die wisselkoerse en dan verander die resultate. As jy die effek van daardie ekstra kostes sou kon verwyder, sal die getalle weer ooreenstem.

As $1 = R 6,40, en £1 = R11,58 wat is die $/£ wisselkoers i.e. die aantal USD per £?

  1. Die volgende word gegee:

    • ZAR/USD wisselkoers = R6,40
    • ZAR/GBP wisselkoers = R11,58

    Die volgende word gevra:

    • USD/GBP wisselkoers
  2. Ons weet dat:

    USD / GBP = USD / ZAR × ZAR / GBP
  3. USD / GBP = USD / ZAR × ZAR / GBP = 1 ZAR / USD × ZAR / GBP = 1 6 , 40 × 11 , 58 = 1 , 8094
  4. $ 1,8094 kan gekoop word vir £1.

Ondersoek: tussen-geldeenheid wisselkoerse - alternatiewe metode

As $1 = R 6,40, en £1 = R11,58 wat is die $/£ wisselkoers, dus die aantal USD per £?

Oorsig van die probleem

Jy het die $/£ wisselkoers nodig, met ander woorde hoeveel dollar moet jy betaal vir 'n pond. So jy het £1 nodig. Uit die gegewe inligting weet ons dat dit jou R11,58 sal kos om £1 te koop en dat $ 1 = R6,40.

Gebruik hierdie inligting om:

  1. te bereken hoeveel R1 werd is in terme van $
  2. te bereken hoeveel R11,58 werd is in terme van $

Kry jy dieselfde antwoord as in die uitgewerkte voorbeeld?

Vir verryking: fluktuerende wisselkoerse

Indien almal huise wil koop in 'n sekere voorstad, sal die huispryse daar styg, want die kopers kompeteer met mekaar om die huise te koop. As daar 'n voorstad is waar al die inwoners wil wegtrek, dan is daar baie verkopers en dit sal daartoe lei dat die huispryse in daardie omgewing val, want die kopers hoef nie so baie te soek om 'n gretige verkoper te kry nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask