<< Chapter < Page Chapter >> Page >

'n Paar honderd kilometer verder noordoos lê 'n uitgestrekte landingsterrein van 100 000 vierkante kilometer waar bemande Sojoes-kapsules met valskerms in die woestyn neerplof en dan deur militêre helikopters opgepik word.

Die afgelope tien jaar het die dorp agteruit gegaan, maar sedert 1996 het die invloei van internasionale kapitaal weer lewe gebring. Daar is weer 'n plaaslike koerant en selfs 'n internetkafee.

Dit is hiervandaan wat Mark Shuttleworth en sy twee kollegas op 25 April 2002 vertrek het vir 'n verblyf van 10 dae op die Internasionale Ruimtestasie in die ruimte.

Opdrag 2:

Om as groep te dink en te redeneer

[lu 5.1.2]

Lees die teksgedeelte oor Baikonoer.

  1. Nog steeds 'n groepbespreking:
  1. Hoekom was die Russe so geheimsinnig oor die oprig van Baikonoer?
  2. Hoekom het hulle die dorp juis dààr gebou?
  3. Hoekom was daar 'n sementfabriek?
  4. Hoekom was daar 'n aanloopbaan?
  5. Hoekom was daar luukse blyplekke vir die Russiese elite?
  6. Wat is die Russiese elite?
  7. Hoekom was daar 'n vuurpylbrandstoffabriek?
  8. Wat was Terrein 10?
  9. Hoekom het die Russe die dorp "die poort na die sterre" genoem?
  10. Hoe dink julle is dit om 'n werker in Baikonoer te wees?

Die sojoes-ruimtetuig en -werkesel in ruimte-eeu

Die Sojoes-ruimtetuig is beknop, die uitsig swak, die rit ongemaklik en die ontwerp meer as drie dekades oud.

Tog is dit een van die betroubaarste tuie wat die ruimte-wedloop opgelewer het.

Presies 35 jaar gelede, op 23 April 1967, is Sojoes 1 van Baikonoer gelanseer - van dieselfde blad waar Mark Shuttleworth op Donderdag 25 April 2002 in 'n Sojoes vertrek het.

In die drie dekades sedertdien het dié klein tuig 'n rol gespeel in feitlik elk van die Sowjet-Unie se grootste ruimteprestasies - en ook sy grootste tragedies.

Vandag, honderde vlugte later, is die Sojoes steeds 'n onmisbare deel van die program om die internasionale ruimtestasie (IRS) aan die gang te hou.

Enersyds word die Sojoes as "taxi" gebruik om bemanningslede heen en weer tussen die aarde en die ruimtestasie te vervoer. Andersyds is die Sojoes die IRS se amptelike "reddingsboot".

Daar is deurentyd minstens een Sojoes aan die ruimtestasie gekoppel waarin die drie bemanningslede kan ontsnap as daar fout sou kom. Die Russe se hoofdoel met die sending was om die bestaande Sojoestuig aan die IRS te vervang.

Die binnekant van die Sojoes kan ten beste as "funksioneel" bestempel word. Die drie sitplekke is styf langs mekaar. Tydens Donderdag se lansering het die boord-tegnikus, Roberto Vittori, links gesit, die bevelvoerder, Joeri Gidzenko, in die middel by die beheerpaneel, en Mark Shuttleworth regs.

Tydens die aftelling voor die lansering word die kapsule se vensters deur 'n metaalskede bedek.

Ondanks die Sojoes se 35 jaar diens is dit nooit gebruik vir die doel waarvoor dit oorspronklik ontwerp is nie: 'n bemande vlug na die maan.

Sojoes 1 is op 23 April 1967 gelanseer - met rampspoedige gevolge. Op die vlug het Wladimir Komarof deurgaans gesukkel om die tuig te beheer. Met die terugkeerslag het die Sojoes se valskerm nie behoorlik ontplooi nie. Die tuig het die grond teen 'n hoë snelheid getref en ontplof.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask