<< Chapter < Page Chapter >> Page >

"Wat was die vonnis?" vra Tom.

"O, die magistraat het hom skuldig bevind en vir 'n tydperk van twee agtereenvolgende weke is sy vlieglisensie teruggetrek."

Hulle is nou vlak bo die sentrale deel van Kaapstad en in die middel van die geweldige stroom lugverkeer wat onophoudelik tussen die stad en die groot lugskipstasie bo-op Tafelberg vloei.

"Nee wat, ek dink nie dat dit nodig is om by ou Sokkie aan te gaan nie. Die masjien is nie so danig erg beskadig nie. Dis maar net tyd vermors. Laat ons liewers by die lugstasie aangaan.”

Uit: August van Oordt, Seuns van die Wolke , Nasionale Pers, 1932.

  1. Skryf 'n opstel oor 'n soortgelyke situasie waarin jy betrokke was, eerstens as die onskuldige party, en dan as die skuldige party.

of

  1. Skryf 'n brief aan 'n vriend en vertel vir hom/haar van bogemelde insident wat jy aanskou het.

Opdrag 3:

Om afleiding uit ‘n teks te maak en daaroor te redeneer

[lu 5.3.4]

  1. Lees die uittreksel en voer die opdragte uit:

Piet maak toe - vlak bo Adderleystraat - 'n paar kringduike deur die reeks vliegtuie heen, en vlieg toe met sierlike draaie in die rigting van die hoogste punt van die Kloofhoekkant van Tafelberg, sny raaklings langs die laaste deel van die yslike rotwand bekend as die "Arrow Face"-klim, net onderkant die ou sweefspoorstasie wat lankal bankrot gegaan en in die lug in geblaas was, glip om die hoek en so na die boonste deel van Fonteinkloof. Daar sweef hy so 'n rukkie bo die westelike vlak van die berg en stryk toe neer voor die groot lugstasie geleë in die middel van die sentraalvlak van Tafelberg, ten ooste van die top van Platklipkloof. Die stasie is goed verskole en geheel onsigbaar van onder uit die stad. Ook is die stasiegebou artistiek en in harmonie met sy omgewing opgetrek.

Die drukte by die stasie is geweldig. Twee kolossale lugskepe het net aangekom: een van Nu-Seeland op weg na Santiago om vandaar verder na Nu-York, oor Nederlands- en Brits Guiana, te gaan; die ander een van Nu-Siberië, oor Persië op weg na die Suidpoolstreke - die mineraalryke Antartika. Die hele stasie is nou in rep en roer. Swaar belaaide elektriese krane dreun en kreun onder hul laste; outomatiese bagasie-verskuiwers is besig om trommels, koffers, sakke, kiste, alles en nogwat in 'n ry skeute te stoot. Hierdie skeute of tonnels, hoewel uit sig, lei nietemin tot in die hart van Kaapstad daar ver onder.

"Hallo, Lien-Tsieng. Waar gaan jy heen?" vra Piet aan 'n Chinese student wat hul op een van die groot landing-stellasies ontmoet.

"Peking-toe," antwoord die Chinees, "my lesings is môre klaar, maar ek gaan reeds met vandag se Suid-Afrikaanse lugpos China-toe."

"Dis jammer, Tsieng, want nou mis jy die groot wedren na die noorde."

"Dit maak nie saak nie. Ek sal my vanuit Peking of op reis per draadloos aansluit en dus alles sien. Totsiens kêrels, tot volgende jaar." En die jong Chinees stap op die leertjie en klim gou-gou in sy kajuit want die groot lugskip het reeds sy elektriese sirene geblaas sodat die hele stad - ja amper die hele Skiereiland - weet dat dit op die punt staan om te vertrek op sy lang reis halfpad die wêreld om.

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask