<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 6

‘n gesonde leefwyse

Module 2

Omgewingsgesondheidsprobleme en optrede

Lugbesoedeling is een van daardie onsigbare vyande wat daagliks ‘n nadelige uitwerking op ons het. Dit is so ‘n deel van ons lewe dat ons nie meer agterkom dat ons in ‘n dorp of stad lewe waar daar altyd ‘n rookwolk oor ons koppe hang nie. Daar is reeds projekte aan die gang om die probleem te probeer bekamp. Ons kan ook elkeen ons beskeie deel doen om te help dat ons nie die omgewing waarin ons lewe vir die nageslagte onleefbaar maak nie.

Aktiwiteit 1:

Om vrae te beantwoord n.a.v. ‘n koerantberig

[lu 1.2]

Lees die onderstaande koerantberig ( Die Burger, 10 April, 2003) met aandag deur en antwoord dan die vrae daaroor.

Kaap se luggehalte het verbeter

Kaapstad – Die luggehalte in die Moederstad voldoen meestal aan die internasionale riglyne, het die stadsleiers gesê wat nou moet bontstaan oor bewerings van die grootskaalse lugbesoedeling in die metropool.

Mnr. Hans Linde, bestuurder van die lugbesoedelingsbeheer van die stadsraad, het gesê dat die luggehalte in die metropool die afgelope jaar op die korttermyn verbeter het.

Van Maart tot September oorskry die aantal partikels en ook die swaweldioksied in die lug egter dikwels die toelaatbare vlakke weens inversie-toestande.

In sulke klimaattoestande hang daar dan ‘n bruin newel oor die stad. Dit word onder meer deur voertuiguitlaatgasse veroorsaak.

Linde se kommentaar volg op die nuus dat die watergehalte in die Dieprivier naby Vissershok en die luggehalte in Morning Star tans getoets word na bewerings van lugbesoedeling in die gebied. Van die inwoners vrees dat hulle kan vergiftig word as daar nie ‘n plan beraam word met die besoedelings nie.

Mnr. Gerry Kuhn, ‘n omgewingsingenieur wat die luggehalte in die gebied bestudeer het, het gesê inwoners word onder meer aan groot hoeveelhede kwik, loodarseen en aluminium blootgestel.

Groundwork, ‘n omgewingsdrukgroep, het gesê die aluminiumvlakke in die lug is hier 3 000 keer die toelaatbare vlak.

Luidens Kuhn se studie is die vlakke van 30 van die 33 giftige elemente (waaronder kwik) hier besonder hoog. Die bron(ne) van die besoedeling is egter nog onbekend.

Kwikvergiftiging kan volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie onder meer nierkwale en skade aan die senustelsel veroorsaak.

Die verbrandingsoond vir die mediese afval by Vissershok kan ‘n moontlike oorsaak van die besoedeling wees, het Kuhn gesê.

Buiten die oond is daar twee stortingsterreine, ‘n olieherwinningsaanleg en ‘n steenoond in die gebied.

Die Vissershok-terrein lê langs die N7 naby die Caltex-raffinadery, Table View en Morning Star. Die terrein word sedert die 1970’s as stortingsplek gebruik.

Die huurkontrak vir die huidige Sanu-med verbrandingsoond hier is in Maart 1998 toegeken.

Volgens dr. Ivan Toms, gesondheidshoof van Kaapstad, kan ‘n wetenskaplike ondersoek hierna tot ses maande duur.

Volgens mnr. Ravi Pillay van die departement van omgewingsake se afdeling oor luggehaltebeheer word die nuwe luggehaltewetgewing einde vandeesmaand vir kommentaar uitgereik.

Opruimingswerk weens lugbesoedeling kos dikwels miljoene rande.

jbontuy@dieburger.com

Beantwoord die volgende vrae:

  1. Watter stad in Suid-Afrika is die Moederstad?
  1. Wat beteken “metropool”? (Soek die betekenis op in ‘n verklarende woordeboek)

3. Van watter giftige gasse of elemente word in die berig gepraat?

  1. Wat is “inversie-toestande”?
  1. Wat dink jy kan, buiten die voertuiguitlaatgasse, ook bydra tot die groter rookwolk vanaf Maart tot September?

6. Watter ander soort besoedeling behalwe lugbesoedeling word ook hier genoem?

7. Watter siektetoestande kan deur kwikvergiftiging veroorsaak word?

8. Noem besoedelingsbronne naby Vissershok:

9. Wat word met mediese afval gedoen?

10. Watter gevare hou mediese afval in?

Aktiwiteit 2:

Om ‘n kaart te teken van die gebied rondom jou huis of skool

[lu 1.2]

Maak ‘n kaart van die omgewing rondom jou skool of huis soos die een wat die ligging van Vissershok (in die Burger-berig) aandui. Identifiseer alle moontlike besoedelingsbronne in die omgewing. Gebruik ‘n landkaart, ‘n padkaart of ‘n munisipale gebiedskaart van die omgewing, indien moontlik.

Lugbesoedeling kan deur elke individu bekamp word. Dit is nie net groot fabrieke wat moet waak teen lugbesoedeling nie. Elke kind kan ook van kleins af geleer word hoe om lugbesoedeling te vermy.

Gebruik die tabel op die volgende bladsy en vul die ‘n lys van huishoudelike middels of alledaagse huishoudelike gebruike wat verskillende besoedelings bevorder, aan. Dink ook hoe ‘n mens dit kan bekamp.

Huishoudelike aksie Tipe besoedeling Omgewingsvriendelike oplossing
Gebruik van plastiek inkopiesakke RommelstrooiOmgewingsbesoedeling, aangesien die sakke nie bio-afbreekbaar is nie Maak gebruik van mandjies of papiersakke vir inkope

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 mondelinge tekste verstaan;
1.3 vir spesifieke inligting luister;
1.4 aandagtig luister tydens ‘n bespreking.
Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 mondelinge tekste verstaan;
1.3 vir spesifieke inligting luister;
1.4 aandagtig luister tydens ‘n bespreking.

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11001/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask