<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 6

Persoonlike ontwikkeling

Module 10

Vermoëns, aanleg, belangstelling, sterk punte en selfbeeld

‘n Onderhoud

Aktiwiteit 1:

Om ‘n onderhoud te voer

[lu 3.1]

Werk in pare

Verbeel jou jy is ‘n joernalis wat by die SARIE of INSIG werk. Jy moet ‘n onderhoud voer om vir jou lesers ‘n kykie in die lewe en persoonlikheid van ‘n "bekende" persoon te gee. Ruil dan die rolle om. Dis belangrik om jou eie identiteit te behou vir die onderhoud. Jy is immers self ‘n belangrike en unieke persoon. Dis nie nodig om Mark Shuttleworth te wees om "iemand" te wees nie.

Hier volg die lys vrae wat jy in die onderhoud gaan gebruik. Jy kan gerus nog verdere vrae byvoeg as jy weet die persoon met wie jy ‘n onderhoud voer, het sekere kenmerke wat nie hierin gedek word nie.

  1. Waar is jy gebore?
  2. Wat is jou huistaal?
  3. Kan jy ook ander tale praat?
  4. Wat is jou geliefkoosde kleur?
  5. Wat eet jy graagste?
  6. Watter fliek het jy meeste geniet? Hoekom?
  7. Watter webruimte besoek jy meeste? (Indien van toepassing)
  8. Wie is vir jou ‘n rolmodel? Waarom?
  9. Wat is jou beste eienskap?
  10. Wat is jou slegste eienskap?
  11. Watter jaar in jou lewe was jou beste jaar tot dusver? Gee redes.
  12. Wat maak jou woedend?
  13. Wat is die beste geskenk wat jy nog ontvang het?
  14. As jy op ‘n eiland gestrand is en jy kan een mens by jou hê, wie sal dit wees? Hoekom?
  15. Sien jy jouself ten eerste as sportmens, akademiese mens of kultuurmens? Hoekom dink jy so?
  16. Watter van jou prestasies op die bogenoemde gebiede staan vir jou uit?
  17. Watter beroep sal jy volg wanneer jy klaar is met skool?
  18. Wie of wat inspireer jou om jou beste te lewer?
  19. Wat is jou beste fisiese eienskap?
  20. Wat is jou slegste of swakste fisiese eienskap?
  21. As jy een ding aan jou liggaam kan verbeter, wat sal dit wees?
  22. Wat is jou grootste droom vir Suid-Afrika se toekoms?
  23. Wat wil jy nog bereik in die lewe?
  24. As jy een wens kry by die "wensfeetjie", wat sal dit wees? (Onthou, die antwoord mag nie wees "dat al my wense sal waar word” nie.)
  25. As jy in die jaar 3003 die aarde sou kon besoek, wat verwag jy om hier aan te tref?

Groepbespreking

Na afloop van die onderhoude kan die klas terug rapporteer en met die opvoeder se leiding sommige van die antwoorde (positief of negatief) bespreek.Indien daar genoeg tyd is, kan een of meer van die interessantste onderhoude voor die hele klas herhaal word.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
Persoonlike ontwikkelingDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy/haar wêreld te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • oor sy/haar eie vermoëns, aanleg, belangstellings en sterk punte, asook selfbeeld, besin;
  • verduidelik hoe om in verskillende situasies op groepdruk te reageer;
  • deernis toon deur vir mense en diere om te gee;
  • die vaardigheid toon om in verskillende konfliksituasies die vrede te behou en as bemiddelaar op te tree;
  • verduidelik wat geleer is deur oor eie ervaring met betrekking tot selfbestuursvaardighede na te dink;
  • ‘n verskeidenheid probleemoplossings-vaardighede vir verskillende kontekste beskryf en kies.

Questions & Answers

Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11001/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask