<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 9

Denkvaardighede

Module 1

Die menslike brein

KOPSTUKKE!

Die menslike brein is wonderlik en meer ingewikkeld as die mees moderne rekenaar. Die brein werk elke oomblik van elke dag. Dit ontvang en verwerk al die inligting wat jy van die wêreld rondom jou ontvang d.m.v. jou sintuie.

Jou sintuie stuur 'n vloed inligting na die brein. Alles wat jy sien, hoor, proe, ruik, voel word betekenis aan gegee in die brein. Jou brein sorteer, dink, onthou, skep, vergelyk, beplan, werk aan oplossings - selfs wanneer jy slaap.

Jou kosbare brein "dryf" binne jou skedel in 'n vloeistof wat dit beskerm teen stampe en ander beserings. Verder is die brein ook omhul deur drie lae beskermende weefsel. As jy jou brein uitmekaar sou haal, sal jy drie hoofdele herken: die twee hemisfere (linker en regterdele van die brein), die cerebellum en die breinstam wat die brein verbind met die ruggraat.

As jy die oppervlakte van die brein sou bekyk onder 'n kragtige mikroskoop, sal jy grysstof vol senuweeverbindings sien. Hierdie grysstof is verbind met senuselle vanoor jou hele liggaam. So word die boodskappe van en na jou brein gestuur. Die brein bevat 10 biljoen senuselle - en dit is maar 'n tiende van die brein se selle! Dit laat rekenaars maar primitief lyk, nè?

Kopkrapper

Omkring die woorde wat na die brein en sy funksies verwys in die woordblok.

S E N U W E E S X B R Q
E X U I E N E I C R V B
L Z W T E I N N V E E P
L A E E F G V T Y I U T
E B I R S X O U Z N N E
X C D S E V U I X S K A
Y Z E O L C D E Y T T S
C E R E B R U M X A S A
C E R E B E L L U M M S
G R Y S S T O F O P S W

Psst! Daar is ook woorde wat niks met die leesstuk te doen het nie.

LEES VERDER…

Baie mense het 'n regter- of linkerbrein voorkeur. Hulle dink op 'n sekere manier en dit hou natuurlik implikasies in vir die wyse waarop mense leer. Die regterhemisfeer is die setel van dagdrome, verbeelding, ritme, kleur, ruimtelike waarneming en die geheelbeeld wyse waarop hulle leer. (Ons sal meer hiervan leer wanneer ons by leermetodes kom.)

Die regterhemisfeer is die setel van dagdrome, verbeelding, ritme, kleur, ruimtelike waarneming en die geheelbeeld.

Die linkerhemisfeer is die setel van logika, woorde, getalle, lyste, volgorde en analise.

'n Studiemetode soos die teken van breinkaarte help 'n mens om albei hemisfere te betrek by die leerproses, wat die proses dan meer effektief maak.

Is jy linker - of regterbrein dominant? Hoe weet 'n mens?

Hier is 'n paar vrae wat vir jou 'n idee kan gee. Dit is glad nie 'n gestandaardiseerde toets nie, en gee slegs 'n aanduiding.

1. Jy verkies om uit jou handboek of onderwysersnotas te leer. Ja Nee
2. Jou notas is netjies en genommer. Ja Nee
3. Jy leer beter deur direkte ondervinding. Ja Nee
4. Jou notas is in die vorm van breinkaarte, tekeninge en sketse. Ja Nee
5. Jy verkies om die hele storie te hoor voordat die feite regtig vir jou sin maak. Ja Nee

Indien jy "ja" geantwoord het op die eerste twee vrae en "nee" op die res, is jy moontlik linkerbrein dominant. Indien jy "nee" geantwoord het op die eerste twee vrae en "ja" op die res, is jy moontlik regterbrein dominant.

Dit gebeur dikwels dat mense wat regterbrein dominant is, wat kreatief van aard is en wat ongeorganiseerd voorkom, swaar kry in skole wat ontwerp is vir linkerbreiners wat metodies van aard is. Dit is baie belangrik dat regterbreiners hulle werk kan organiseer en dat linkerbreiners werk aan soepeler denke en aan hul kreatiewe vermoëns.

Ons gaan oefeninge doen wat albei kante van die brein sal stimuleer en sodoende jou denke meer effektief en kreatief maak.

Die begin van die kursus mag dalk 'n bietjie teoreties voorkom, maar dis maar net agtergrondinligting. Soos die kursus vorder, sal die werk meer prakties van aard word.

LU 3.4

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy of haar wêreld te reageer
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • 3.3 gepas op emosies in uitdagende situasies reageer.
  • 3.4 verduidelik wat uit ‘n uitdagende persoonlike interaksie geleer is deur krities oor eie optrede te besin;
  • 3.6 eie toepassing van probleemoplossings-vaardighede in ‘n uitdagende situasie krities evalueer.

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11064/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask