<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 8

Materie: klassifikasie

Module 21

Verbindings en mengsels

VOORKENNIS

  • In die vorige deel van die werk het ons verduidelik wat ‘n element is en dat dit uit atome bestaan.
  • Ons het genoem dat atome nie geïsoleerd voorkom nie, maar verbind tot molekule.

Klasaktiwiteit: praktiese ondersoek

Ondersoek na fisiese eienskappe van elemente

Jou onderwyser sal hulp verleen in jou ondersoek na die individuele elemente yster en swawel se fisiese eienskappe en die veranderinge wat dit ondergaan wanneer dit verbind.

1. Hoe lyk die yster?

2. Hoe lyk die swawel?

3. Word die yster deur die magneet aangetrek?

4. Word die swawel deur die magneet aangetrek?

5. Wat kan jy hieruit aflei?

6. Voeg ‘n bietjie koolstofbisulfied (CS 2 ) by die yster.

Wat gebeur?

7. Voeg ‘n bietjie koolstofbisulfied (CS 2 ) by die swawel.

Wat gebeur?

8. Wat kan jy hieruit aflei?

Gooi die inhoud van die proefbuise nou uit in twee horlosieglaseen laat dit indamp.

9. Wat is sigbaar nadat die koolstofbisulfied verdamp het?

Ondersoek na fisiese eienskappe van mengsels

Voeg nou ystervylsels en swawel saam.

1. Hoe lyk die mengsel?

2. Wat gebeur, indien jy nou die magneet nader bring?

3. Wat kan jy hieruit aflei?

4. Voeg nou CS 2 by die mengsel. Wat gebeur?

5. Kan jy dus die mengsel skei?

6. Stel twee maniere van skeiding voor

Klasaktiwiteit (vervolg): demonstrasie

1. Wat gebeur as die yster en die swawel saam verhit word?

2. Het ‘n nuwe stof gevorm? Hoekom sê jy so?

3. Het die stof nog magnetiese eienskappe?

4. Is die stof oplosbaar in koolstofbisulfied?

5. Kan jy die stof weer terugskakel na die oorspronklike elemente?

6. Wat was nodig vir die reaksie om plaas te vind?

7. Watter energie-omsetting het plaasgevind?

8. Voltooi die volgende tabel van vergelyking:

MENGSELS VERBINDINGS
‘n Onsuiwer stof ‘n ......................................................... stof
Samestelling wissel Samestelling ......................................................
Geen energie betrokke by vorming Energie ..............................................................
Eienskappe van individuele stowwe word behou ............................................... eienskappe vorm
Kan geskei word met fisiese metodes, bv. magneet Kan slegs ...................................... geskei word

Assessering van eksperiment

Kon jy die stappe beplan (AS 1.1), uitvoer (AS 1.2) en jou bevindinge kommunikeer (AS 1.3)?

[LU 1.1; 1.2; 1.3]

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke kan beplan;

1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;

1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kummunikeer.

Memorandum

Verbindings en mengsels

KLASAKTIWITEIT: PRAKTIESE ONDERSOEK

ONDERSOEK NA FISIESE EIENSKAPPE VAN ELEMENTE

1. grys hard

2. geel poeier

3. ja

4. nee

5. metale is magneties

6. niks

7. swawel los op

8. metale onoplosbaar in koolstofbisulfied

9. kristalle – swawel

ONDERSOEK NA FISIESE EIENSKAPPE VAN MENGSELS

1. grys-geel

2. slegs ystervysels aangetrek

3. slegs metaal magneties

4. slegs swawel los op

5. ja

6. los S op en damp weer in – kristalle terug of magneet

KLASAKTIWITEIT: DEMONSTRASIE

1. versmelt tot nuwe stof

2. ja – lyk anders; eie eienskappe

3. nee

4. nee

5. ja met moeite

6. hitte

7. hitte- chemies

8. Voltooi die volgende tabel van vergelyking

MENGSELS VERBINDINGS
‘n Onsuiwer stof ‘n ……suiwer…….stof
samestelling wissel samestelling vasgestel………….
Geen energie betrokke by vorming energie………….benodig
Eienskappe van individuele stowwe word behou …nuwe…….eienskappe vorm
Kan geskei word met fisiese metodes bv. magneet Kan slegs …chemies en met moeite………..geskei word

Questions & Answers

Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask