<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 3

Kom speel saam

Module 3

Veiligheid

Groepwerk:

  • Gesels met jou maats oor waar julle dink dit die veiligste en beste plek sal wees om ‘n park op te rig. Onthou, dit moet op julle eie speelgronde wees.
  • Bespreek watter invloed so ‘n park op die skool sal hê.
  • Beplan waar julle die verskillende apparate sal plaas.
  • Sal dit nodig wees om enige plante en bome te plant?
  • Bespreek wat julle sal doen om dit vir almal in die park veilig te maak.
  • Bespreek watter reëls daar vir die leerders sal wees.
  • Wat kan julle doen om te keer dat daar nie rommel gestrooi word nie?
  • Skryf vyf van julle belangrikste reëls neer.

Ontwerp

  • Ontwerp nou ‘n kennisgewingbord wat julle by die hek van die park kan aanbring.
  • Dink julle dit sal veilig wees om leerders te laat rolskaats?
  • Sal hulle met fietse daar kan ry?

Maak ‘n skets van hoe jy dink die park gaan lyk.

  • Teken plante en bome ook by.
  • Dui die ingang aan.
  • Onthou, die parkie moet ook vir gestremde leerders toeganklik wees.
  • Bespreek die prent in die klas. Dink jy julle park gaan ook so lyk?
  • Bespreek wat julle kan doen om dit te verhoed.
  • Kyk of jy 8 foute in die park kan sien. Merk dit met ‘n rooi kryt.
  • Kleur die prent netjies in.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LEWENSORIËNTERING
LU 1
BEVORDERING VAN GESONDHEIDDie leerder kan ingeligte besluit neem oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 voorstelle kan maak en maniere ondersoek om die huis- en skoolomgewing veiliger te maak.
LU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELING :Die leerder kan verworwe lewensvaardighede gebruik om persoonlike potensiaal te bereik en uit te leef om doeltreffend te reageer op uitdagings in die lewe.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.5 gepaste gedrag in die klas sowel as in groepwerkvaardighede toon.
SOSIALE WETENSKAPLU 3
ONDERSOEK VAN VRAAGSTUKKEDie leerder kan ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en -probleme neem.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.2 die impak wat die vraagstuk op die plek en op mense (huis, skool, omgewing) gaan maak, identifiseer.
TEGNOLOGIELU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder kan tegnologiese prosesse en vaardighede eties en met verantwoordelikheid toepas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ( Ondersoek ) – die hoofdoel van die verskillende produkte kan beskryf;

Memorandum

  • Lees die volgende brief voor aan die klas. Hierdie brief is geskryf deur mnr. Sak-vol-geld en hy is ‘n ontwikkelaar.

Liewe Graad Twee’s

My naam is mnr. Sak-vol-geld. Ek is baie bekommerd oor al die kinders wat in die strate speel. Ek wil graag vir hulle ‘n groot park of speelgrond aanlê, sodat hulle veilig kan speel. Help my asseblief om uit te vind watter soort speletjies kinders graag speel. Ek wil ook graag hê dat julle vir my ‘n plan moet teken oor hoe julle dink die speelgrond moet lyk. Ek sien daarna uit om van julle te hoor.

Hierdie foute moet deur die leerders op die werkvel geïdentifiseer word:

  • Draad/heining wat stukkend is.
  • Kinders wat oor die heining klim.
  • Te veel kinders op ‘n swaai.
  • Glasstukke wat rondlê.
  • ‘n Kraan wat drup.
  • ‘n Kind wat op ‘n fiets ry.
  • ‘n Wipplank wat stukkend is.
  • ‘n Kind wat aan ‘n boom se takke swaai.
  • ‘n Vullishouer wat oorloop.
  • Kinders wat op die rusbankie klouter.

Questions & Answers

calculate molarity of NaOH solution when 25.0ml of NaOH titrated with 27.2ml of 0.2m H2SO4
Gasin Reply
what's Thermochemistry
rhoda Reply
the study of the heat energy which is associated with chemical reactions
Kaddija
How was CH4 and o2 was able to produce (Co2)and (H2o
Edafe Reply
explain please
Victory
First twenty elements with their valences
Martine Reply
what is chemistry
asue Reply
what is atom
asue
what is the best way to define periodic table for jamb
Damilola Reply
what is the change of matter from one state to another
Elijah Reply
what is isolation of organic compounds
IKyernum Reply
what is atomic radius
ThankGod Reply
Read Chapter 6, section 5
Dr
Read Chapter 6, section 5
Kareem
Atomic radius is the radius of the atom and is also called the orbital radius
Kareem
atomic radius is the distance between the nucleus of an atom and its valence shell
Amos
Read Chapter 6, section 5
paulino
Bohr's model of the theory atom
Ayom Reply
is there a question?
Dr
when a gas is compressed why it becomes hot?
ATOMIC
It has no oxygen then
Goldyei
read the chapter on thermochemistry...the sections on "PV" work and the First Law of Thermodynamics should help..
Dr
Which element react with water
Mukthar Reply
Mgo
Ibeh
an increase in the pressure of a gas results in the decrease of its
Valentina Reply
definition of the periodic table
Cosmos Reply
What is the lkenes
Da Reply
what were atoms composed of?
Moses Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede graad 2. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11104/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask