<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
TOETS JOU KENNIS
1. partikels (klein deeltjies)
2. vaste stof; vloeistof; gas
3. atome
4. molekules
5. atoom
6. twee of meer atome
7. verbinding; elemente; kwik; suurstof
8. suurstof
9. verbindings
10. opgeneem
11. suurstof
12. ruimte; massa
13. 1 cm3
14. minder
Vul die ontbrekende woord/e in:
1. Alle materie op aarde is uit ____________________________________ gemaak.
2. Materie kan in drie vorms voorkom, nl ________________________________,
________________________________ en ______________________________
3. Alle materie bestaan uit klein deeltjies wat ___________________ genoem word.
4. Hierdie deeltjies verbind om ___________________________________ te vorm.
5. ‘n Element is materie wat slegs uit een soort ______________________ bestaan.
6. ‘n Verbinding bestaan uit ____________________________________________
7. Die verhitting van kwikoksied het bewys dat dit ‘n ________________ is wat uit
twee _____________________, nl. _______________________________ en
__________________________________________________________ bestaan.
8. ‘n Gloeiende splinter slaan aan die brand as dit in _________________________
gesteek word.
9. Elemente is die boustene van _________________________________________
10. Tydens die ontbinding van verbindings in hulle samestellende elemente word
warmte __________________________________________________________
11. Watter van die volgende is ‘n element: lug; water; ysteroksied of suurstof?
_________________________________________________________________
12. Alle materie beslaan _____________________ en het ____________________
13. ‘n Voorwerp wat in water sink, sal ‘n digtheid hê van meer as _______________
14. Room dryf op melk omdat dit __________________________ dig is as melk.
(20)
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer: identifiseer kernidees in die teks, vind patrone in aangetekende data en maak gevolgtrekkings uit inligting in verskeie vorme (prente, diagramme, ens.).
Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder kennis toepas: pas konseptuele kennis toe deur ‘n begrip wat onderrig is met ‘n variasie van ‘n soortgelyke situasie in verband te bring.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?