<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
MODULETOETS 6
1. a) 5% b) 12%
2. a) b)
3. 0,5; ; ; 15%
4. a) R70
5. 42%
6. R297,50
7. R36,29 (afgerond)
8. 20%
9. AFSLAG X 100
MERKPRYS 1
25. ’n Groter uitdaging!
Doen die volgende as ’n aparte navorsingstaak op folio deur jou opvoeder voorsien (of gebruik jou eie papier). Onthou om mooi netjies te werk!
a) Jy gaan ’n winkel open. Besluit self watter soort.
b) Doen marknavorsing en verskaf ’n lys van items wat jy gaan aankoop vir jou winkel (kies net 5!)
Meld ’n realistiese kosprys by elke item.
c) Voeg nou 14% BTW by by elke item en lys dit in ’n tabel, bv.
Item | Kosprys | Met BTW |
d) Besluit waarvoor jy elke item gaan verkoop. Gee ’n duidelike uiteensetting van jou kosprys en verkooppprys deur middel van ’n lyngrafiek.
(Wenk: gebruik verskillende kleure)
e) Bereken nou hoeveel % wins jy op elke item gaan maak, bv.
Item | %Wins |
f) Maak ’n advertensie om jou winkel bekend te stel.
g) Werk nou ’n maandelikse begroting uit vir jou winkel – hoeveel geld jy nodig het om alles glad te laat verloop en waarvoor.
(Wenk: dink aan die water en ligte, telefoon, werknemers, ens.)
1. Skryf die volgende as %:
a) 0,05 : ......................... b) : ......................... (2)
c) : ......................... (2)
2. Skryf as ’n gewone breuk en vereenvoudig:
a) 8% : ......................... b) 45% : .........................
......................... ......................... (4)
3. Rangskik van groot na klein:
; 15% ; 0,5 ;
(2)
4. Bereken:
a) 20% van R350
(2)
b) 12 % van R468
(2)
5. Watter % is 840 g van 2 kg?
(4)
6. Ek kry 15% afslag op ’n paar skoene wat R350 gemerk is. Hoeveel moet ek vir die skoene betaal?
(4)
7. Die prys van kaas wat tans R32,99 ’n kg is, gaan binnekort met 10% verhoog word. Wat sal die nuwe prys van die kaas wees?
(4)
8. ’n Meubelhandelaar koop ’n sitkamerstel vir R12 000 en verkoop dit vir R15 000. Hoeveel % wins het hy gemaak?
(2)
9. Skryf die formule vir % afslag neer.
(2)
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.5: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme in konteks oplos, insluitend kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van ander leerareas, asook van menseregte-, sosiale, ekeonomiese en omgewingsake, te bevorder;
Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.
Assesseringstandaard 2.6: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n situasie beskryf deur ‘n grafiek daarvan te interpreteer, of ‘n grafiek van ‘n beskrywing van ‘n situasie teken (bv. die hoogte van ‘n wipwaentjie oor tyd; die spoed van ‘n resiesmotor wat om ‘n baan beweeg);
Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteer en te bepaal.
Assesseringstandaard 5.9: Dit is duidelik wanneer die leerder data wat op verskeie maniere voorgestel is krities lees en interpreteer ten einde gevolgtrekkings en voorspellings te maak.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 7' conversation and receive update notifications?