<< Chapter < Page Chapter >> Page >

4.1.2 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe uitgedruk word (verslag);

4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste waarin inligting duidelik en skeppend aangebied word (advertensie);

4.1.4 verander inligting van een formaat na ‘n ander (telefoonrekening na teks);

4.2 idees deur die skryfproses ontwikkel en organiseer:

4.2.1 kies en ontleed ‘n onderwerp en hou ‘n dinkskrum oor idees met behulp van kopkaarte, vloeidiagramme en lyste;

4.3 netjiese, leesbare werk lewer, met aandag aan aanbieding;

4.4 kennis van taal op verskeie vlakke toepas:

4.4.1 woordvlak:

  • kies en eksperimenteer met ‘n wye verskeidenheid woorde uit verskeie bronne;
  • raadpleeg woordeboek om woorde na te gaan;

4.4.2 sinsvlak:

  • gebruik die direkte en indirekte rede gepas en doeltreffend.

4.4.3 paragraafvlak:

√ toon verskillende maniere om paragrawe te skakel.

LU 5

DINK EN REDENEER

Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

5.1 taal gebruik om te dink en te redeneer:

5.1.1 identifiseer oorsaak en gevolg in mondelinge en geskrewe tekste en verduidelik die verband daartussen;

5.1.3 onderskei tussen die voor- en nadele van iets en verduidelik dit;

5.3 inligting verwerk:

5.3.5 organiseer inligting in ‘n tydlyn;

5.3.6 evalueer en maak gevolgtrekkings en verduidelik redes daarvoor.

5.4 taal gebruik om skeppend te dink:

5.4.2 voorspel wat in ‘n denkbeeldige situasie sou kon gebeur.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

6.1 met woorde werk:

6.1.1 skep eie persoonlike spellys;

6.1.2 toon kennis van die kompleksiteit van alfabetiese volgorde waar die orde volgens die eerste letter gegee word;

6.1.3 spel dikwels gebruikte woorde korrek en herken uitsonderings in spelpatrone;

6.1.5 gebruik hoofletters korrek;

6.1.8 ontwikkel woordeskat deur woordvorming, deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herken en deur betekenis uit die konteks af te lei;

6.1.10 gebruik samestellings om woordeskat uit te brei;

6.1.12 gebruik alledaagse afkortings en akronieme;

6.2 met sinne werk:

6.2.4 gebruik voegwoorde en betreklike voornaamwoorde doeltreffend om sinne te verbind;

6.2.5 gebruik die korrekte woordorde en verstaan hoe woordorde betekenis kan beïnvloed;

6.2.6 gebruik en wissel tydsvorme doeltreffend en gepas;

6.2.8 verstaan en gebruik die ontkennende vorm gepas;

6.2.9 gebruik en wissel die direkte en indirekte rede doeltreffend, met korrekte punktuasie, voornaamwoorde en bywoorde;

6.2.10 gebruik hoofletters en punktuasie korrek: punt, komma, vraagteken, uitroepteken, dubbelpunt, afkappingsteken, aanhalingstekens;

6.2.13 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse adjektiewe: intensiewe vorme;

6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel:

6.4.3 gebruik duidelike en samehangende sinne sonder te veel woorde en met die korrekte grammatikale struktuur;

6.4.4 gebruik taal met die gepaste formaliteitsgraad (register) in minder bekende situasies en toon bewustheid van teikengroep;

6.6 metataal gebruik:

6.6.1 gebruik die woordeskat wat nodig is om oor die taal te praat (akronieme, direkte en indirekte rede).

Memorandum

Aktiwiteit 1

Eie opsomming van hoofgedagte.

Aktiwiteit 2

Klasbespreking

Aktiwiteit 3

(i) – (iii) Eie antwoorde – sal verskil.

Aktiwiteit 4

Groepwerk: advertensie.

Aktiwiteit 5

Eie stemposboodskap

Aktiwiteit 6

(i) Lizzie sê: “Ek wil ‘n selfoon hê.”

(ii) Mnr. Dreyer sê: “Ek wil môre vir my ‘n nuwe selfoon koop.”

(iii) Mamma vra: “Pierre, waar is my selfoon?”

of Mamma vra vir Pierre: “Waar is my selfoon?”

(iv) Pierre het geantwoord: “Dit is seker in Ma se handsak.”

(v) Die skare skree: “Ons span gaan wen!”

Aktiwiteit 7

JA NEE

(a) (i) Daagliks gaan ons skool toe √

(ii) Die water het in die hoed geval. √

(iii) Die skape het die mense gesien. √

(iv) Mens kan so ‘n lawaai nie verduur nie. √

(v) ‘n Goeie moeder is ‘n jakkalswyfie. √

(b) (i) Die telefoon is ‘n baie nuttige instrument.

(ii) My oudste broer werk in Engeland.

(iii) Ons het gister ‘n wedstryd gespeel.

Aktiwiteit 8

(i) Hy het ‘n splinternuwe Blackberry gekoop.

  1. Die kaptein pos die brief in ‘n ou skoen.
  2. Niemand sal so slim soos Tobias wees nie.
  3. Ek kon hom nie wen nie.
  4. Nikki sal die meeste punte kry.

BLOKKIESRAAISEL

Dwars AF

  1. poskode 2. dr.

3. kers 4. ens.

5. stokoud 6. bladsy

7. skoen 8. kraakvars

9. sms 10. matrose

11. TV 12. yskoud

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 04, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10969/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask