<< Chapter < Page Chapter >> Page >

LU 5

DINK EN REDENEER

Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

5.1 taal gebruik om te dink en te redeneer:

5.1.1 identifiseer oorsaak en gevolg in mondelinge en geskrewe tekste en verduidelik die verband daartussen;

5.1.3 onderskei tussen die voor- en nadele van iets en verduidelik dit;

5.3 inligting verwerk:

5.3.5 organiseer inligting in ‘n tydlyn;

5.3.6 evalueer en maak gevolgtrekkings en verduidelik redes daarvoor.

5.4 taal gebruik om skeppend te dink:

5.4.2 voorspel wat in ‘n denkbeeldige situasie sou kon gebeur.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

6.1 met woorde werk:

6.1.1 skep eie persoonlike spellys;

6.1.2 toon kennis van die kompleksiteit van alfabetiese volgorde waar die orde volgens die eerste letter gegee word;

6.1.3 spel dikwels gebruikte woorde korrek en herken uitsonderings in spelpatrone;

6.1.5 gebruik hoofletters korrek;

6.1.8 ontwikkel woordeskat deur woordvorming, deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herken en deur betekenis uit die konteks af te lei;

6.1.10 gebruik samestellings om woordeskat uit te brei;

6.1.12 gebruik alledaagse afkortings en akronieme;

6.2 met sinne werk:

6.2.4 gebruik voegwoorde en betreklike voornaamwoorde doeltreffend om sinne te verbind;

6.2.5 gebruik die korrekte woordorde en verstaan hoe woordorde betekenis kan beïnvloed;

6.2.6 gebruik en wissel tydsvorme doeltreffend en gepas;

6.2.8 verstaan en gebruik die ontkennende vorm gepas;

6.2.9 gebruik en wissel die direkte en indirekte rede doeltreffend, met korrekte punktuasie, voornaamwoorde en bywoorde;

6.2.10 gebruik hoofletters en punktuasie korrek: punt, komma, vraagteken, uitroepteken, dubbelpunt, afkappingsteken, aanhalingstekens;

6.2.13 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse adjektiewe: intensiewe vorme;

6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel:

6.4.3 gebruik duidelike en samehangende sinne sonder te veel woorde en met die korrekte grammatikale struktuur;

6.4.4 gebruik taal met die gepaste formaliteitsgraad (register) in minder bekende situasies en toon bewustheid van teikengroep;

6.6 metataal gebruik:

6.6.1 gebruik die woordeskat wat nodig is om oor die taal te praat (akronieme, direkte en indirekte rede).

Memorandum

Aktiwiteit 1

(b) (i) die leiding te neem / eerste te wees

(ii) Hulle wou rus / Hulle wou vars kos en water soek

(iii) Dis ‘n baai wat so geleë is dat storms nie ‘n groot effek daar het nie. Dis veilig. Dit bied goeie beskerming teen storms.

(iv) Hulle het vleis by die plaaslike bewoners gekoop of geruil.

(v) Eie sinne.

(vi) Wes-Kaap.

Dis ‘n gewilde vakansiedorp.

(vii) Eie antwoorde.

Aktiwiteit 2

Groepwerk: mondeling

Aktiwiteit 3

Eie sinne

Aktiwiteit 4

Opvoeder se keuse

Aktiwiteit 5

(i) skipbreuk: Die vergaan of stranding van ‘n skip.

skipbreukeling: Slagoffer van ‘n skipbreuk.

skipbrug: Brug deur skepe gesteun / oor skepe gelê.

skipper: Eienaar / gesagvoerder van ‘n kleinerige skip.

(ii) sukkeldraffie

(iii) op ou brood

in ‘n wingerd

(iv) Wanneer hy nie reguit praat nie.

(v) Valshede op ‘n kwaadwillige, agterafwyse versprei om iemand se goeie naam te benadeel.

(vi) Skinderbek.

Aktiwiteit 6

Skep eie spellys.

Aktiwiteit 7

(i) Reël 1: leerarea

Reël 2: bevelvoerder ; suidpunt

(ii) suidkus riemtelegram

vakansiedorp telefoongesprek

selfoon telefoonrekening

snoepwinkel buffelvelhoed

gemorspos

ii) hempsmou meisieskool

kruideniersware lewensverhaal

doodsberig skeepsvrag

seunskool

Aktiwiteit 8

(i) Stella het ‘n nuwe boek waarin sy lees.

(ii) Eric speel met sy klein boetie wat vandag verjaar.

  1. Die selfoon waarmee my pa bel, is modern.
  2. Die sloot waaroor ons spring, is diep.
  3. Ek onthou vir Leon wie se suster die prys gewen het.
  4. Robert speel rugby, maar Eddie hou van sokker.
  5. Danielle is vandag afwesig, want sy is siek.
  6. Charl het krulhare en blou oë.
  7. Mnr. Pieterse het ‘n trui aan omdat dit vandag koud is.
  8. Die hele klas wag in die bus, terwyl die bestuurder met die onderwyseres praat.

Aktiwiteit 9

(a) (i) asb. (vi) i.v.m.

(ii) mnr. (vii) dr.

(iii) bg. (viii) b.v.p.

(iv) Pk. (ix) Afr.

(v) TV (x) d.w.s.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 04, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10969/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask