<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 7

Persoonlike en sosiale vaardighede

Module 3

Om tonele te skep wat persoonlike en sosiale kwessies aanspreek

DRAMA

Welkom by die eerste kwartaal van Drama. Kyk om jou en neem kennis van die plekke, voorwerpe en mense wat jy teëkom gedurende hierdie jaar. Maak notas in jou gedagtes. Dit sal jou help met jou drama-aktiwiteite.

Luister aandagtig na jou opvoeder want hy of sy sal jou inlig oor wat jy moet weet sodat jy die volgende aktiwiteite kan doen. Dis hope pret. Geniet dit!

Aktiwiteit 1:

Om tonele te skep wat persoonlike en sosiale kwessies aanspreek

[lu 3.4]

DIE SPEELGROND

Oefening 1: Waarneming

  • Gaan buite na die speelgrond en neem notas van alles wat jy teëkom en waarneem
  • Gaan weer terug na die klaskamer, skoolsaal of verhoog en neem deel aan ‘n kort bespreking oor wat jy waargeneem het op die speelgrond.

Oefening 2: Beplanning

  • Beplan ‘n stel in die oop ruimte waarbinne julle gaan werk.

Voorbeeld:

  • Is daar bome, bankies, sand, gras, swaaie, glyplanke, ens.?
  • Wat sal julle graag op die speelgrond wil hê?
  • Wie gaan op die speelgrond wees? (kinders, babas, volwassenes, honde).
  • Wanneer vind die aksie plaas? (oggend, oor middagete, aand).
  • Wat is die weersomstandighede? (reën, bewolk, sonskyn, koud, warm).
  • Wat is die stemming en hoe gaan dit verander a.g.v. die omstandighede?

Oefening 3: Situasie

  • Neem deel aan ‘n kort bespreking oor wat die situasie op die speelgrond gaan wees – m.a.w. wat gaan die intrige wees?
  • Vra die volgende vrae:
    • Hoekom gebeur dit?
    • Wat is die oorsprong van die probleem of situasie?
    • Hoe gaan die probleem of situasie opgelos word?
    • Is die probleem persoonlik of sosiaal van aard?

Oefening 4: Karakters

  • Kies ‘n karakter wat jy graag sal wil speel.
  • Voorbeelde: die mammas, pappas, onderwyser, kinders, babas, die hond, die boelie, die dief, die dwelmsmous, die beseerde, die dokter, die polisieman, ens.
  • Ondersoek die volgende aangaande jou karakter:
    • Hoe lyk ek?
    • Hoe oud is ek?
    • Wat het ek aan?
    • Wat doen ek?
    • Het my karakter enige rekwisiete nodig?
    • Hoe klink my stem?
    • Wat doen ek op die speelgrond?
    • Wat is my sosiale stand?
    • Wat is my aksies?
    • Wat is my karaktereienskappe? (sorgeloos, verantwoordelik, avontuurlustig, onverantwoordelik, skaam, ekstrovert)

Oefening 5: Dialoog

  • Werk aan die dialoog vir jou karakter binne die bepaalde situasie.

Oefening 6: speelgrond

  • Skep ‘n kort improvisasie deur al die vorige oefeninge in ag te neem.
  • Indien jou klas te groot is, sal jou opvoeder julle in groepe verdeel en dan kan julle die improvisasies voor die ander groepe opvoer.

Oefening 7: Nabetragting

  • Voltooi die vraelys.

Vraelys

1. Watter karakter is die beste uitgebeeld? Waarom?

2. Was die dialoog hoorbaar? Wie het nie duidelik gepraat nie? Hoekom dink jy was dit so?

3. Wat was die kwessie of probleem wat in die toneel voorgestel is?

4. Wat was die oplossing vir die probleem?

5. Was daar alternatiewe om die probleem op te los? Wat is dit?

6. Het die groep saamgewerk as ‘n span? Waarom? Waarom nie?

7. Hoekom het jy jou spesifieke karakter gekies?

8. Kon jy al die persoonlike of sosiale probleme van die ander groepe se tonele identifiseer? Wat was dit?

Aktiwiteit 2:

Om te luister en in harmonie te praat en te beweeg

[lu 3.5]

Mense wat werk of speel, geniet dit om saam te sing. Om saam te sing help hulle om ritme in hul bewegings te handhaaf.

Dit moet die eerste reël wees as poësie in groepe gelees word – julle moet saam praat!

Julle stemme moet nie net die ritme oordra nie, maar ook die betekenis van wat julle lees. Vrolike reëls het hoë, ligte stemme nodig – meisies se stemme werk goed hier; stampende reëls vereis lae, swaar stemme – seuns se stemme werk weer hier.

Oefening 8:

‘n Geskikte gedig vir hierdie aktiwiteit is Pietersielie Boeliebief deur Philip de Vos ( uit : Brommer in die sop , Tafelberg)

  • Hierdie gedig deur Phillip de Vos bied geleentheid om verskillende karakters uit te beeld en met verskillende stemme en bewegings te eksperimenteer.
  • Maak seker dat die beweging van die reëls duidelik en helder is.
  • Let op artikulasie by assonansie en alliterasie.
  • Maak seker dat die atmosfeer en stemming van die gedig gehandhaaf word.
  • Oefen die gedig totdat julle saamwerk as ‘n groep en dat elke leerder doen wat van hom vereis word.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
DEELNAME EN SAMEWERKING Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede deur individuele en groepdeelname aan kuns- en kultuuraktiwiteite te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ALGEMEEN t.o.v. 3.1 – 3.8 hieronder, die volgende toon:
  • omskepping van persoonlike ervaringe in vorms van uitdrukking;
  • die vermoë toon om eie bydraes binne groepsverband te lewer;
VISUELE KUNS (3.8)
  • saamwerk met ander in die beplanning en skepping van ‘n gesamentlike kunsproduk of aanbieding wat nasiebou in Suid-Afrika bevorder;
MUSIEK (3.6 – 3.7)
  • Suid-Afrikaanse liedere uit verskillende kulture met die gepaste ritme, tempo en dinamika sing en/of speel;
  • gepaste melodiese of nie-melodiese begeleiding vir enige Suid-Afrikaanse volksliedjie, lofsang of melodie skep;
DRAMA (3.4 – 3.5)
  • met sensitiwiteit in ‘n groep saamwerk om tonele rondom persoonlike en sosiale vraagstukke te verken en te ontwikkel en met alternatiewe oplossings vir probleme te eksperimenteer;
  • die vermoë toon om aandagtig te luister, op tekens te reageer en harmonieus in ‘n groepsgedramatiseerde koraalvers of gedramatiseerde prosastuk te praat en te beweeg;
DANS (3.3)
  • vaardighede toon wat vertroue tydens samewerking met ‘n maat opbou deur middel van aktiwiteite soos:
  • om kontrasterende en aanvullende vorms te skep wat visueel doeltreffend is;
  • om maniere uit te dink om saam met ‘n maat gewig uit te balanseer.

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11026/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask