<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Pret en plesier

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.

TYDSKEDULE

Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.

Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Bennie sien uit na die verrassings wat Pappa vir hom beplan het met sy verjaardag. Hy bekommer hom so oor die storms en slegte winterweer wat woed dat hy ‘n aaklige nagmerrie beleef.

Die leerder begin sy skryfwerk beplan en voltooi ‘n begripstoets.

Hy/sy voltooi ‘n grafiek oor die weer en bespreek die grafiek.

Interessante raaisels kan voltooi word.

Besprekingsonderwerpe soos rampe en die gevolge van sulke rampe, voedseltekort, behuising, armoede gee aan leerders die geleentheid om betrokke te raak in die gemeenskap. Hulle ontwerp plakkate om voedsel in te samel, (Lewensoriëntering – Kuns) en ontsyfer ‘n kode as voorbeeld vir ‘n slagspreuk.

‘n Resep word ingesluit sodat die opvoeder saam met die leerders koekies kan bak en die stappe een vir een volg (Tegnologie).

  • KLANKE EN WOORDBOU

Vr, pr, dr, gr, gr, kr, tr, br, fr, sp, sn, sm, st word in konteks aangeleer.

  • SKRIF

Die laaste hoofletters G, Q, S word aangeleer en die kleinletters word hersien.

  • Gee die leerders die geleentheid om die storie te bespreek. Laat hulle vertel van slegte drome – nagmerries – wat hulle gehad het. Hoe het hulle gevoel? Hulle kan ook daaroor skryf.
  • Toets hulle gereeld en kyk of hulle die spelwoorde in hierdie module kan klank en skryf. Indien hulle nog nie kan nie, moet die woorde met die dubbele medeklinkers soos hierin vervat, weer op die mat, in groepies of individueel geleer word. Maak seker dat hulle die betekenis van die woorde verstaan. Vra dus vir hulle om sinne met die woorde te maak.
  • Sê/lees die gedig kort-kort vir die klas sodat hulle geleidelik die woorde kan memoriseer. Vestig hulle aandag op woorde met dieselfde klanke (rymwoorde), Vinnige leerders kan gerus probeer om hulle eie gediggies/rympies te skryf. Dit is lekker as hulle twee-twee hieraan kan werk.
  • Moeilike sigwoorde in die leesstukke kan op flitskaarte geskryf word en leerders kan hulle vaslê deur speletjies daarmee te speel.
  • Al die hoofletters vir skrif is nou aangeleer.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Luister eers.
  • Lees die koerantberig.

Mense se huise is oorstroom

Die boere juig oor die reën.

Nou sal hulle ‘n beter oes hê, want die droogte is gebreek.

Maar die rivier wat deur die plakkerskamp loop, het sy walle oorstroom.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask