<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Die toebels

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die avonture van die Wapse is nou verbonde aan die ondervindings van elke leerder in Graad 1, seuns sowel as dogters. Hulle word blootgestel aan ander omgewings - stedelik, platteland, en word bewus van hoe anders mense lewe, bv. in die bos, sonder krane en elektrisiteit.

Opvoeders moet onthou dat daar leerders in hul klas mag wees wat nie Graad R bygewoon het nie en dus sekere vaardighede, strategieë en konsepte van Graad R nie ontwikkel of aangeleer het nie. Die opvoeder het dus nodig om te verseker dat hierdie in Graad 1 aangeleer en ontwikkel word. (Sien Graad R-modules)

Luister en spraak is die belangrike fondamente waarop geletterdheid gebou word. Die mate waarvolgens leerders die praat van hul huistaal bemeester het, sal verskil en die opvoeder moet hiervan bewus wees.

Taalontwikkeling is ‘n proses wat geleidelik ontwikkel en elke leerder het die simpatieke ondersteuning van die opvoeder ter alle tye nodig.

In Graad 1 luister en lees die leerders stories en word hulle betrek by die leer van klanke en die skryf van die taal. Die klasomgewing moet ‘n plek wees wat die leerders sal aanmoedig om alle aspekte van die taal te leer.

TYDSKEDULE

Alle leerders behoort al agt modules te voltooi, plus-minus twee per kwartaal. Hulle moet toegelaat word om teen hulle eie spoed te werk.

Hier identifiseer Willie met die leerders. Hy vier sy verjaardag. Daar is wesenlike verskille en leerders bespreek hulle. So ook verskil mense van mekaar.

Die Toebels is Willie se maats. Hulle bly in tonnels in die grasland. Die reën veroorsaak ‘n vloed. Die uil weet wat om te doen. Daar is stories om te lees, verjaardagkaartjies om te maak en probleme om op te los.

Skrif
en , , , ,
klanke ,

INTEGRASIE VAN TEMAS

Sosiale geregtighede

  • Leerders kan betrokke raak deur mense wat rampe oorleef het, te help.

n Gesonde omgewing

  • Reën is belangrik vir mens en dier.

Menseregte

  • Elkeen het ‘n reg tot skoon drinkwater.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees en leer die gediggie. Versier daarna die bladsy.

Dit reën en reën die hele dag

van soggens vroeg tot laat.

Die wêreld is oral oorstroom

niemand het meer raad!

Ons trein staan al ‘n week lank stil

ons kos is amper op!

Aan ‘n goeie plan kan ek nie dink,

al staan ek op my kop!

Maar Grootoog weet wat om te doen,

en almal is so bly!

Die Toebels kan ons gou kom help,

dan kan die trein weer ry!

LU 2.3
  • Kyk of jy hierdie woordjies kan skommel om ‘n sin te maak!
Toebels Die almal. help
en Bienkie Kassie Wegkruipertjie. speel
slaap boomhuis. Tessie die in
en Grootoog alles. hoor sien
LU 5.3
  • Kyk na die prentjie. Skryf ‘n storie om te vertel wat jy sien. Gebruik die woorde op die volgende bladsy om jou te help.
LU 4.2

Kyk hoe lees ek!

Willie ry bos die
in Makkie met saam
Vollie op se rug
Grootoog speel hulle lekker
kyk vir hulle weet
alles sien woon maatjies
Toebels kleiner groter skryf
lees teken gras tonnels
grawe krulhare wegkruipertjie bal
verjaarsdag klim slaap hande
bene lyf teken bo
somme dieselfde hare woes
plan kop staan bly
reën dag weet help
LU 3.4
V w m
N r l
H k a
O e b
D s p
F g
LU 4.1
  • Lees die sinne en teken die prente!

Die Toebels woon buite die bos. Hulle woon in tonnels onder die grond. Die Toebels het krulhare. Die Wapse woon almal in die bos. Hulle woon in boomhuise.

Mamma verjaar. Sy gaan ‘n partytjie hou. Die Toebels gaan ook kom. Almal is baie bly. Almal ry met Meneer Mol se trein onder die grond. Almal speel by die partytjie.

LU 3.4

Assessering

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder sing, resiteer, mimiek en liedjies, gedigte en rympies opvoer.

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf;

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfaktiwiteite doen;

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te ondersoek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask