<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
Graad 4
MY WOONPLEK
Module 13
MY HUIS
Vir die Opvoeder:
Taalstrukture en Spelling
Modules 13 tot 20 bevat baie aktiwiteite wat deur middel van die kommunikatiewe benadering sekere taalstrukture aanleer. Hierdie taalstrukture kan wel in die klas aangebring word, byvoorbeeld:
Woordeskat
Vir elke vertrek in die huis, asook die buitekant van die huis, moet die woordeskat aangeleer word. Die woorde kan op flitskaarte aangebring word.
Kleure
'n Kleurkaart met die name van die kleure kan as naslaanbron gebruik word.
Leestekens
Die gebruik van die leestekens kan deur middel van voorbeelde aan leerlinge vertoon word.
VOORBEREIDING
Sekere aktiwiteite verg voorbereiding.
skoorsteen muur rook motorhuis
paadjie dak swembad voordeur
posbus heining tuin venster
lugdraad
Aktiwiteit 1
Om voorwerpe te klassifiseer [LU 5.2.3]
Om woordeskat op te bou [LU 6.3.4]
Knip die prentjies van die verskillende kamers uit en plak elkeen in die regte spasie. Doen dit eers individueel en vergelyk jou voltooide prentjie met 'n maat s'n. Lees die vertrekke se name vir mekaar.
Aktiwiteit 2
Om ‘n liedjie op te voer [LU 2.4.3]
Sing die liedjie oor die huisie wat julle gebou het. Probeer ook om julle eie versie op te maak. Sing dit op die wysie van "Twinkle, twinkle, little star."
Aktiwiteit 3
Om eenvoudige sinne te skryf [LU 4.2.1]
Kom ons bou sinne. Werk saam in julle groepe om sinne te vorm. Doen dit eers mondelings. Skryf dan enige vyf sinne in die spasie onderaan.
.................................................................................................................
.................................................................................................................
.................................................................................................................
.................................................................................................................
Aktiwiteit 4
Om eenvoudige vrae te beantwoord [LU 1.1.1]
Om ander ‘n beurt te gee om te praat[LU 1.5.1]
Om na ander te luister [LU 1.5.2]
Werk in groepe en neem beurte om 'n vraag te vra. Die leerder wat die vraag beantwoord, begin elke keer sy/haar antwoord met "Nee, ..." en dan sê hy/sy die regte sin.
Julle kan selfs 'n maat se naam voor aan die vraag noem.
VRAE : Bad jy in die studeerkamer?
Speel jy speletjies in die kombuis?
Eet jy in die eetkamer?
Kook jy kos in die sitkamer?
Kyk jy televisie in die badkamer?
Ontvang jy besoekers in die kelder?
Assessering
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
stories verstaan (aan leerders vertel of gelees):
1.5.1 ander leerders ‘n beurt gee om te praat.
1.5.2 luister na ander.
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
2.4.3 ‘n bekende rympie, gedig of liedjie opvoer.
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dis duidelik wanneer die leerder:
4.2.1 ‘n eenvoudige nota of boodskap skryf.
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dis duidelik wanneer die leerder:
5.2 taal gebruik om te dink:
5.2.3 dinge klassifiseer (soos verskillende soorte voertuie) volgens bepaalde kriteria (soos die funksie en kapasiteit daarvan).
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
6.3 sy/haar woordeskat ontwikkel:
6.3.4 ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse gesproke woorde binne konteks verstaan teen die einde van graad 4. Indien leerders die addisionele taal vir leer in ander leerareas gebruik, behoort hulle na 3 500 woorde te mik.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?