<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 4

My eie uitspringkaartjie

Module 13

Stoffel se koevert (deel 1)

Hierdie is julle tweede laaste module vir die jaar. Ons gaan eers leer hoe om die koevert te maak. Daarna gaan ons alles wat julle vanjaar geleer het, prakties toepas deur ‘n uitspringkaartjie te maak. In die laaste leereenheid gaan ons die jaar se werk beoordeel.

Aktiwiteit 1

Om uit te vind oor die agtergrond van die probleem [lu 1.1]

Bestudeer meegaande gevallestudie en lees ook die opmerkings daarna.

  • Stoffel is maar met min tevrede! Hy vra net ‘n verjaarsdagkaartjie! Julle kan sy hartjie bly maak deur vir iemand soos hy ‘n kaartjie te maak.
  • Ons gaan in dié module leer hoe om verjaarsdagkaartjies te maak. Daar is egter ook ‘n verskeidenheid van ander soorte kaartjies wat ons kan maak: bedankings-, uitnodigings-, gewone gelukwensings- en verwelkomingskaartjies!
  • Julle kan gerus na verskillende boekwinkels gaan om te kyk watter tipe kaartjies beskikbaar is.
  • Bring ook ‘n verskeidenheid van kaartjies klas toe en gesels daaroor.

Aktiwiteit

Om ‘n koevert vir jou uitnodigingskaartjie te maak [lu 1.7, 1.8, 1.9]

Terwyl jy die koevert gaan maak, gaan jy leer hoe om te:

 meet  merk  knip  sny  plak  heg

Hierdie prosesse is baie belangrik by die maak van jou finale produk. Oefen dit in nadat jou onderwyser dit gedemonstreer het.

ONTHOU: Veiligheid kom altyd eerste!!!

A.meet

Maatband: dit is gewoonlik aan beide kante, in teenoorgestelde rigtings, in sentimeters ingedeel.

Liniaal : ‘n Deursigtige liniaal werk die beste.

B.merk

Snyerskryt : Dit word gebruik om patroonmerke op donker stowwe te maak. Jy kan ook bordkryt gebruik

Aftrekwieletjie : Dit word saam met deurslagpapier gebruik vir stowwe wat moeilik merk.

Voubeen : Dit word gebruik om ‘n duidelike, kleurlose lyn op karton te trek sodat die karton maklik langs daardie lyn gevou kan word. Gebruik die voubeen saam met ‘n veiligheidsliniaal om die voulyne te trek.

C.knip

  • Gebruik ‘n skerp skêr om te knip.
  • Knip met egalige, sterk bewegings.
  • Die papier, en nie die skêr nie, word gedraai as jy knip.

D.sny karton

  • Die lem moet skerp wees.
  • Oefen egalige druk uit op die papiermes, terwyl jy langs die rant van die veiligheidsliniaal sny.
  • Trek die mes aanvanklik eers liggies op die lyn waarlangs jy wil sny, weg van jou hand in die rigting van jou lyf.
  • Herhaal dit ‘n paar keer. Elke keer druk jy effens harder as die vorige keer totdat jy ‘n netjiese snit gemaak het.
  • Gebruik altyd ‘n veiligheidsmessie om ‘n snit mee te maak op ‘n reguit lyn. By ‘n kromming in ’n lyn/streep kan jy ‘n skêr gebruik.
  • Veiligheidsliniaal : Gebruik ‘n veiligheidsliniaal om te voorkom dat jy jou vingers raaksny.

Metaalplaat : Plaas dit onder die karton wat gesny word om die banke te beskerm.

E.plak

  • Gom : Kies die regte soort gom vir die regte tipe werk.
  • Gebruik ‘n plastiekmes, ‘n stuk hardebord of ‘n klein kwassie om die gom egalig aan te smeer.
  • Kleefband : Kleefband wat aan beide kante taai is, is ‘n goeie plaasvervanger vir gom.
  • Maskeerband is handig om papier of karton in posisie te hou terwyl jy besig is om daarmee te werk.

F.heg (karton of papier) – drie moontlikhede

1. Die een hoek word omgevou en die ander hoek daaraan vasgeplak.

2. By dik karton kan jy op die teenoorgestelde kant ‘n voeg maak sodat dit inmekaar kan pas.

3. Sny kepe rondom 'n kartonsilinder (toiletrol).

4. Druk rol deur gat in papier.

5. Buig karton terug, smeer gom en plak vas.

Assessering

Leeruitkoms 1: tegnologiese prosesse en vaardighede

Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur toepaslike inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

1.1 uitvind, met hulp, oor die agtergrondkonteks (bv. mense, omgewing) wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid gegee word;

1.7 ’n kort beskrywing gee van ‘n plan om iets te maak en die hoofstappe noem;

  • gepaste gereedskap en materiaal gebruik om produkte te maak deur eenvoudige vorms in ‘n verskeidenheid soorte materiaal af te meet, uit te merk en te sny, en dit deur middel van verskeie tegnieke aan mekaar te heg of te las;
  • netjies en veilig werk.

Questions & Answers

A golfer on a fairway is 70 m away from the green, which sits below the level of the fairway by 20 m. If the golfer hits the ball at an angle of 40° with an initial speed of 20 m/s, how close to the green does she come?
Aislinn Reply
cm
tijani
what is titration
John Reply
what is physics
Siyaka Reply
A mouse of mass 200 g falls 100 m down a vertical mine shaft and lands at the bottom with a speed of 8.0 m/s. During its fall, how much work is done on the mouse by air resistance
Jude Reply
Can you compute that for me. Ty
Jude
what is the dimension formula of energy?
David Reply
what is viscosity?
David
what is inorganic
emma Reply
what is chemistry
Youesf Reply
what is inorganic
emma
Chemistry is a branch of science that deals with the study of matter,it composition,it structure and the changes it undergoes
Adjei
please, I'm a physics student and I need help in physics
Adjanou
chemistry could also be understood like the sexual attraction/repulsion of the male and female elements. the reaction varies depending on the energy differences of each given gender. + masculine -female.
Pedro
A ball is thrown straight up.it passes a 2.0m high window 7.50 m off the ground on it path up and takes 1.30 s to go past the window.what was the ball initial velocity
Krampah Reply
2. A sled plus passenger with total mass 50 kg is pulled 20 m across the snow (0.20) at constant velocity by a force directed 25° above the horizontal. Calculate (a) the work of the applied force, (b) the work of friction, and (c) the total work.
Sahid Reply
you have been hired as an espert witness in a court case involving an automobile accident. the accident involved car A of mass 1500kg which crashed into stationary car B of mass 1100kg. the driver of car A applied his brakes 15 m before he skidded and crashed into car B. after the collision, car A s
Samuel Reply
can someone explain to me, an ignorant high school student, why the trend of the graph doesn't follow the fact that the higher frequency a sound wave is, the more power it is, hence, making me think the phons output would follow this general trend?
Joseph Reply
Nevermind i just realied that the graph is the phons output for a person with normal hearing and not just the phons output of the sound waves power, I should read the entire thing next time
Joseph
Follow up question, does anyone know where I can find a graph that accuretly depicts the actual relative "power" output of sound over its frequency instead of just humans hearing
Joseph
"Generation of electrical energy from sound energy | IEEE Conference Publication | IEEE Xplore" ***ieeexplore.ieee.org/document/7150687?reload=true
Ryan
what's motion
Maurice Reply
what are the types of wave
Maurice
answer
Magreth
progressive wave
Magreth
hello friend how are you
Muhammad Reply
fine, how about you?
Mohammed
hi
Mujahid
A string is 3.00 m long with a mass of 5.00 g. The string is held taut with a tension of 500.00 N applied to the string. A pulse is sent down the string. How long does it take the pulse to travel the 3.00 m of the string?
yasuo Reply
Who can show me the full solution in this problem?
Reofrir Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11098/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask