<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 8

Module 8

Dink en praat oor waardes

AKTIWITEIT 1

Om

  • oor waardes en sosiale en etiese of morele kwessies te praat
  • ’n woordeboek te gebruik
  • jou woordeskat uit te brei
  • na Afrikaans te vertaal
  • ’n kort briefie aan die pers te skryf
LU 2.4 LU 3.8 LU 3.9 LU 2.1 LU 4.2

Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (1996) leer ons ook dat sekere waardes baie belangrik is.

Ons gaan na die volgende woorde kyk wat met waardes te doen het: empatie, verdraagsaamheid, verantwoordelikheid, respek.

1 . Gebruik jou woordeboek om die betekenis van hierdie woorde na te slaan en skryf die betekenis van elk neer.

1.1 EMPATIE

1.2 VERDRAAGSAAMHEID(Kyk onder “verdra” in die woordeboek)

1.3 VERANTWOORDELIKHEID(kyk onder “verantwoordelik” in die woordeboek)

1.4 RESPEK

2 . Verdeel in groepies van vyf of ses leerders. Praat met mekaar oor wat hierdie woorde vir julle beteken.

3 . Voltooi die volgende sinne om te wys dat jy verstaan hoe Thabang en Susan voel (m.a.w. dat jy empatie het met hulle) :

3.1 Hoe voel Thabang as iemand vir haar sê dat sy dom is omdat sy nie ’n som kan doen nie?

Thabang voel ____________

3.2 Wat gebeur as Susan se maats nie wil hê dat sy saam met hulle moet speel nie?

Susan voel________________

4 . Ons “etiketteer” (“label”) mense so maklik. Ons ken hulle dalk glad nie, en dan oordeel ons hulle sommer. Mense sê of dink bv.: ”Alle Afrikaners is ‘rock spiders’.”

  • Is dit regverdig?
  • In die volgende sinne is iemand óf regverdig óf onregverdig. Lees elke sin en skryf dan wat jy van die spreker se houding dink.

4.1 “Johlene kan nie by my kom speel nie, want haar ma-hulle is te arm,” sê Charmaine.

Charmaine is______________

4.2 “Dis glad nie waar dat Tammy dom is net omdat sy ’n blondine is nie!” sê Jason.

Jason is ______________

4.3 “’n Seun wat nie rugby speel nie is sommer ’n papbroek!” sê Koos.

Koos is _______________

4.4 “Ek gaan nie by Jason in Atlantis kuier nie, want almal wat daar woon, is bendelede, en netnou is daar ’n geskietery in Jason se huis!” sê Jo-Ann.

Jo-Ann is ______________

5 . Etikettering is ’n vorm van veralgemening en dis onregverdig omdat mense nie behoorlik na waarde geskat word nie. Die persoon wat mense so oordeel, is bevooroordeeld .

  • Die volgende brief het op 30 Junie 2003 in Jip , Die Burger , verskyn. Lees dit sorgvuldig en voer dan die opdragte uit wat volg .

Ek is ’n matriekleerling van Atlantis. Ek wil graag die volgende met ander Jip-lesers deel.

As ’n jong tiener pla dit my nie waar ek bly nie. Ek is gelukkig en trots op myself en op wat ek sover bereik het. Mamma is ongelooflik en my pa sorg mooi vir sy gesin. Ek is baie lief vir hulle. Ek dink dat die plek waar jy woon, nie jou toekoms bepaal nie, jou toekoms is in jou eie hande. Ek glo ook aan die leuse: “Despite my situation, I will achieve greatness.”

Ek leer ook hard soos ander leerlinge … Wat maak my so anders? Ek is ’n normale tiener wat ook hou van die buitelewe en ek geniet elke oomblik daarvan (definitief met perke). Atlantis is ’n plek, die plek kan nie beweeg nie en netso kan die plek nie gevaarlik wees nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11038/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask