<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Dink!

  • Themba koop twee brode van R6 elk en melk vir R5.

Hy betaal R.......................... altesaam.

LU 1.5 LU 2.4 LU 3.5 LU 5.1
  • Oefen die patrone en letters versigtig.
LU 4.1
  • Kies die regte woord wat ontbreek.
  • Vra ‘n maat om te kyk of jy almal reg het.

1. Hy stamp sy....................................................................................... (ton, toon)

2. Die bouer bou ‘n hoë ...................................................................... (muur, mier)

3. Ek tel my ................................................................................... tone. (tuin, tien)

4. Ouma bak ‘n lekker ........................................................................ (kook, koek)

5. Yster sal buite.................................................................................... (roos, roes)

6. Die kinders ry in die ........................................................................... (bus, bos)

7. Pappa .................................................................................. die hout. (saag, sag)

8. Ek lê onder die boom en ............................................................. (drom, droom)

9. My maats is ...................................................................................... (hier, huur)

10. Die ............................................................................. skop die bal. (sien, seun)

11. Saans skyn die ................................................................................ (maan, man)

12. Die boer maak ‘n goeie ............................................. op sy skape. (wens, wins)

LU 3.4 LU 4.6
  • Lees en leer die gedig.
  • Kies ‘n titel vir die gedig.

__________________________

titel

Jakkals met sy slinkse planne

probeer die diere uitoorlê,

Wolf val maklik vir sy stories

en doen alles wat hy sê.

Muishond is ‘n ou kalant

wat dikwels saam met Jakkals stap

hul wag net vir die donker nag

en sal dan skelm na kleintjies hap.

Slang is ook een van sy trawante

wat vir niemand uit wil los,

saam saai hierdie drie verwoesting

en jaag die diere in die bos.

G.J.M.

  • Vertel vir Juffrou ‘n “Jakkals en Wolf”-storie.

Begin met “Eendag .....................”.

  • Jou storie moet ‘n begin, ‘n middel en ‘n einde hê.
  • Versier die gedig
LU 1.2 LU 2.3 LU 4.3

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste luistergedrag toon deur respek vir die spreker te toon, beurte te neem om te praat, vrae te stel om duidelikheid te verkry en, indien gepas, kommentaar te lewer op dit wat gehoor is;

Assesseringstandaard 1.5: Dit is duidelik wanneer die leerder na telefoongesprekke luister.

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige stories met ‘n begin, middel en einde skep en vertel deur beskrywende taal te gebruik en herhaling te vermy;

Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder aan klas- en groepbesprekings deelneem:

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe vir verskillende doeleindes skryf:

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan:

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om konsepte te ontwikkel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask