<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
Thandi skryf ‘n storie oor die films wat by die skool vertoon is, naamlik “Slinkse planne”.
Die drie boewe – Jakkals, Muishond en Slang beland in die moeilikheid en word deur Koning Leeu gestraf.
Interessante besprekings oor hongersnood, diefstal, geweld, straf, betogings vloei hieruit.
Leerders lees en ontleed raaisels en neem deel aan telefoongesprekke.
fl-, fr-, spr-, str- en die eindklanke -ts, -mp, -nk, en -ks word behandel. Leerders voltooi ‘n werkvel met woorde wat dieselfde klink maar anders geskryf word.
![]() |
![]() |
![]() |
||
![]() |
![]() |
![]() |
||
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
![]() |
![]() |
|||
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Themba en Thandi was nog besig om vir Ouma Rosie te vertel van die lentedag by die skool toe die telefoon hard in hulle ore lui. “Ek sal antwoord,” sê Thandi en spring dadelik op.
Thandi: Hello, dit is Thandi wat praat.
Mammie: O, ek het gedink julle sal al tuis wees.
Thandi: Hello, Mammie. Ja, ons vertel nou net vir Ouma Rosie van al die pret wat ons by die skool gehad het. Die hele skool was met blomme versier en ons het pannekoek gebak en ..........................
Mammie: Dit klink asof julle ‘n wonderlike dag gehad het. Vanaand moet julle my alles vertel. Roep gou vir Themba. Ek wil hom herinner om winkel toe te gaan.
Thandi: Goed, Mammie. Totsiens.
Themba: Hello, Mams, hoe gaan dit?
Mammie: Goed dankie, Themba. Vanaand wil ek alles hoor van julle feesvieringe. Onthou om vanmiddag melk en brood te koop. En, Themba, help vir Thandi met haar wiskunde as sy dit nie verstaan nie.
Themba: Goed, Ma, maar soms dink ek sy is net ‘n bietjie lui.
Mammie: Ek kom vanaand so sesuur huis toe. Totsiens, Themba.
Themba: Totsiens, Mams.
Julle gaan ‘n telefoongesprek hê. Jy gaan jou maat bel om te vra of hy/sy by jou kan kom speel en jou maat gaan verduidelik waarom hy/sy eers vir haar/sy ma moet bel om toestemming te vra.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?