<< Chapter < Page Chapter >> Page >

ELEKTRONIKA

  • Watter funksies kan elektronies verrig word?
  • Watter elektroniese komponente word benodig?

MEGANIESE STELSELS

  • Watter meganiese voordeel word verlang en hoe kan jy dit skep?
  • Ondersoeke na die uitwerking van verskillende veranderlikes bv. ratverhoudings: voer ’n ondersoek uit met verskillende grootte ratte, ens. en bepaal die meganiese voordeel.

PNEUMATIESE EN HIDROULIESE STELSELS

  • Watter voor- en nadele hou elke stelsel in?
  • Hoe maklik is die stelsel kombineerbaar met die struktuur of elektroniese stelsel in gedagte?
  • Watter funksie gaan die hidrouliese of pneumatiese stelsel verrig?[LU 1.2, 1.3, 1.4]

2.2 ONTWIKKELING VAN DRIE IDEES

  • Ontwikkel drie idees wat ’n moontlike oplossing vir die probleem kan wees. Die idees moet kreatief wees en in die raamwerk van die situasie, beperkings en spesifikasies val.
  • Stel dit grafies voor. Alle notas en byskrifte moet voorsien word. ’n Skaal 3D- sketse en skaduering word vereis.[LU 1.5]

B

2.3 EVALUERING VAN IDEES

  • Evalueer bogenoemde drie idees deur terug te gaan na die situasie, beperkings en spesifikasies.
  • Gee aandag aan die manier waarop die data gehanteer word.
  • Doen dit in tabelvorm.

2.4 KEUSE EN MOTIVERING

  • Maak ’n ingeligte keuse en verskaf redes vir die keuse.
  • Skryf in paragrawe.[LU 1.6]

3. REALISEER

3.1 Teken ’n finale ontwerp van die gekose idee.

3.2 Teken ’n vloeidiagram om die volgorde waarin die finale idee gebou gaan word, aan te dui.

3.3 Voeg ’n tydskedule by bogenoemde.

3.4 Maak ’n lys van die materiaal en die gereedskap wat benodig word.

3.5 Bepaal die koste deur uit te vind hoeveel materiaal vir die model benodig word. Bepaal dan die prys van die materiaal en lê ’n beraming voor.

3.6 Teken baie duidelike werkstekeninge . Alle notas en byskrifte moet voorsien word. 3D-sketse en skaduering word vereis

3.7 Bou die prototype.

[LU 1.7, 1.8, 1.9, 1.10, 1.12]

4. EVALUERING

4.1 Bespreek breedvoerig die ontwerpprestasies van die prototipe.

4.2 Bespreek die tekortkominge van die prototype.

4.3 Doen aanbevelings vir die verbetering van die prototipe en ontwerp.

[LU 1.3]

5. WAARDES EN HOUDINGS

5.1 Bespreek die voordele wat so ’n toestel vir die gemeenskap inhou.

5.2 Bespreek die nadele wat so ’n toestel vir die omgewing inhou.(Dink aan besoedeling, ens.)

[LU 3.2]

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologies prosesse en vaardighede eties en verantwoordelikheid toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ondersoek:1.1 ’n probleem, behoefte of geleentheid vanuit ’n gegewe lewensgetroue konteks identifiseer en verduidelik, en die konteks, aard van die behoefte, die omgewingsituasie en die mense wat geraak word, ondersoek;
1.2 ontleed bestaande produkte wat toepaslik vir ‘n geïdentifiseerde probleem, behoefte of geleentheid is, gebaseer op:
veiligheid;
geskiktheid vir doel;
koste;
vervaardigingsmetode;
1.3 praktiese toetsprosedures ontwikkel en uitvoer om die gepastheid of geskiktheid vir die doel van toepaslike eienskappe van materiaal, elektriese of meganiese stelsels, strukture, prosesse of eindprodukte te bepaal of te vergelyk;
1.4 ‘n verskeidenheid beskikbare soorte tegnologie en metodes gebruik om die volgende te doen:
vind (gebruik bv. Biblioteeknaslaanstelsel, ‘n databasissoektog, indekse);
versamel (bv. Vraelyste, datainsamelingsvorms, versoeke vir inligting, ‘n inligtingsoektog, literatuuropnames);
vergelyk;
sorteer;
verifieer;
evalueer (bv. kruiskontrole tussen verskillende bronne of hulpbronne);
berg inligting (bv. liasseerstelsels, indekse);
ontwerp:1.5 ‘n kort en duidelike stelling of ontwerpopdrag vir die ontwikkeling van ‘n produk of met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid skryf of kommunikeer;
1.6 produk- en ontwerpspesifikasies en beperkings vir ‘n oplossing vir ‘n geïdentifiseerde of gegewe probleem, behoefte of geleentheid met betrekking tot meeste van die ontwerp-kernwoorde, lys:
doel: funksie, wat die produk sal doen;
voorkoms en estetika: kleur, vorm, gevoel;
1.7 ’n reeks moontlike oplossings wat beduidend van mekaar verskil en duidelik met die ontwerpstelling en die spesifikasies en beperkinge verband hou, genereer;
1.8 moontlike oplossings wat op goed-beredeneerde argumente wat met die spesifikasies en persoonlike mening verband hou, kies en ‘n gekose idee met behulp van grafieke ontwikkel;
maak:1.9 ‘n plan vir die maak van ‘n produk ontwikkel wat die volgende insluit:
lyste hulpbronne en hulpmiddels;
formele tekeninge wat die nodige afmetings of hoeveelhede toon;
vervaardigingsvolgorde;
1.10 geskikte gereedskap en materiaal kies vir die maak van ontwerpte produkte met akkuraatheid en kontrole, deur te meet, te sny, te skei, te vorm, te heg of te kombineer, en die akkurate en doeltreffende afwerking van ‘n reeks materiale;
1.11 tydens die maak van ‘n produk, meet- en kontroleprosedures gebruik om kwaliteit en veranderinge te monitor, en ook ontwerpe aanpas in reaksie op praktiese probleme wat met die maak ervaar mag word;
1.12 kennis en begrip van veilige werkspraktyke en doeltreffende gebruik van materiale demonstreer;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11070/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask