<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AKTIWITEIT 8

OM DIE DRIE HOOFTYE TE VERSTAAN

[LU 6.2.6]

Wanneer ons praat of skryf, doen ons dit op so ‘n manier dat ons aandui of iets gebeur, gebeur het of sal gebeur.

Iets wat nou gebeur, word in die Teenwoordige tyd gesê of geskryf.

Iets wat reeds gebeur het, word in die Verlede tyd gesê of geskryf.

Iets wat nog sal gebeur, word in die Toekomende tyd gesê of geskryf.

Voorbeeld:

Pappa het ‘n selfoon (Teenwoordige tyd).

Pappa het ‘n selfoon gehad (Verlede tyd).

Pappa sal ‘n selfoon hê ( Toekomende tyd ).

Skryf nou die volgende sinne oor soos aangedui:

  1. Hy koop ‘n splinternuwe Blackberry.

Verlede tyd:

  1. Die kaptein het die brief in ‘n ou skoen gepos.

Teenwoordige tyd:

  1. Niemand is so slim soos Tobias nie.

Toekomende tyd:

  1. Ek kan hom nie wen nie.

Verlede tyd:

  1. Nikki het die meeste punte gekry.

Toekomende tyd:

Assessering

LU 2

PRAAT

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

2.1 ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindes oordra:

2.1.2 gebruik taal vir skeppende en beeldryke selfuitdrukking (soos: denkbeeldige interpersoonlike situasies dramatiseer);

2.1.6 lug en regverdig eie mening met redes;

2.2 interaksievaardighede en –strategieë in groepsituasies gebruik:

2.2.1 neem beurte, hou by die onderwerp, stel relevante vrae, help die bespreking om te vloei en reageer met respek en empatie op ander se idees;

2.4 gepaste woorde en strukture vir verskillende doeleindes en teikengroepe gebruik:

2.4.3 gebruik taal sorgvuldig om komplekse dog algemene gevoelens soos woede, ongeduld, simpatie en bewondering uit te druk.

LU 3

LEES EN KYK

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

3.1 ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksietekste vir verskillende doeleindes lees:

3.1.1 lees onafhanklik deur ‘n verskeidenheid lees- en begripstrategieë gepas vir verskillende doeleindes te gebruik;

  • vluglees vir die algemene idee;
  • soeklees vir spesifieke besonderhede;
  • ondersoek inhoudsopgawe, opskrifte en indeks om ‘n algemene oorsig te verkry;
  • voer luidlees duidelik uit en pas leesspoed volgens doel en gehoor aan.

3.2 kyk na en kommentaar lewer op verskeie visuele en multi-media tekste (soos advertensies):

3.2.1 bespreek die boodskap wat oorgedra word;

3.2.2 identifiseer en bespreek grafiese tegnieke soos kleur, keuse van beelde, soort en grootte van letterwerk, simbole, uitleg;

3.5 begrip van fiksie-tekste toon:

3.5.3 bespreek temas en vraagstukke en lug menings met redes daarvoor;

3.11 relevante tekste kies en navorsingsvaardighede toepas om inligting in woordeboeke te verkry.

LU 4

SKRYF

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

4.1 verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe skryf:

4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes (brief, persoonlike boodskap);

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 04, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10969/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask