<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Watter mooi eienskap kan ons uit die volgende gebeurtenis leer?

Oppad na Luanda het Livingstone deur ‘n vyandige opperhoof se gebied gereis. Dié sou hul deurlaat mits Livingstone een van sy bediendes as slaaf agterlaat. Livingstone het beslis geweier.

  • Wat was die oorsake en gevolge van Livingstone se besluit?
  • Dink jy dat jy ook so sou kon optree? Waarom?

c) Die bediendes wat Livingstone se lyk gedra het, het hul eie lewens gewaag. Die opperhoofde van daardie streek het die dra van ‘n lyk oor hul grond ten strengste verbied. Waarom?

d) Meegaande artikel verduidelik hoe Livingstone oor slawehandel gevoel het. Hy het gereeld verslae na Engeland gestuur om dit onder die wêreld se aandag te bring.

Verduidelik kortliks die oorsake en gevolge van die slawehandel.

SLAWEHANDEL – HANDEL VAN DIE HEL

“1859 – Dit is ‘n pragtige land. Elke twee myl of minder het ek die pragtigste dorpies gesien.

“Daar nie ‘n spoor van ‘n mens vir 120 myl sigbaar nie. Dit is nodig dat ek die waarheid moet vertel. Die dorpies word aangeval deur die slawehandelaars en baie mense word gevange geneem. Duisende mense sterf aan hulle wonde wat hulle opgedoen het tydens gevegte met die slawehandelaars of sterf van hongersnood nadat hulle dorpies en oeste vernietig is. Te veel mense sterf onnodig in hierdie soektog na slawe. Dit is duidelik dat slegs een tiende van die slawe hul bestemming bereik. Die res sterf almal . . .”

e) Opdraggie vir jou!

Skryf ‘n kort briefie aan ‘n oorsese koerant en gee jou indrukke oor Livingstone as ontdekkingsreisiger. (Jy is welkom om sy bydrae krities te evalueer!)

Gebruik ‘n skoon foliovel wat jy self “verouder” het . . .

Assessering

LU 2
HISTORIESE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om bewys te lewer van historiese kennis en begrip.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 kronologie en tyd:
  • gebeurtenisse, mense en veranderings op ‘n tydlyn plaas wat terminologie soos v.C., n.C insluit;
2.2 oorsaak en gevolg:
  • redes verskaf vir, en die gevolge van sleutelgebeurtenisse en veranderings in meer as een konteks verduidelik;
2.3 ooreenkomste en verskille:
  • sommige aspekte van die samelewing wat verander het,en sommige wat met verloop van tyd in meer as een konteks dieselfde gebly het, identifiseer.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

(a) Christendom te versprei / verkondig

Later: Deurtog vanaf middel van Afrika na Weskus/Ooskus ter wille van handel, oopstel van Afrika vir sendelinge, behandeling van “koors”

  • Kennis opdoen van Afrika se minerale en hulpbronne
  • Probeer slawehandel “uitroei”
  • Soek oorsprong van groot riviere: Zambezi-, Kongo-, Nyl-

(c) (By-)Geloof, veiligheidsrisiko

(d) Oorsake: Geld / Besigheid

Gevolge: Individue/ besighede vang slawe, slawe aangehou in forte, oorsee uitgevoer met skepe, ooreenkomste met plaaslike hoofmanne om slawe te bekom.

  • Die volgende aspekte het ook betrekking: vryheid, wreed, oorloë, menseregte, arbeid, families, ens.

(e) Die volgende (of enige ander) kriteria kan gebruik word:

Slawerny, sendingwerk, handel, kolonialisme

OF

  • Bespreek sy groot reise:
  • Eerste reis: Zambezirivier (weskus), 1852 – 1856
  • Tweede reis: Nyassameer (ooskus), 1858 – 1859
  • Derde reis: Nylrivier (noordwaarts), 1872 – 1873

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11008/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask