<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kan jy dus in bogenoemde geval sien dat daar twee woorde is wat vir ons meer van die werkwoord (gesegde) “ is gewaarsku ” vertel? Die woorde gister en ernstig is dus bywoorde .

Gister is ‘n bywoord van tyd (wanneer?) en ernstig ‘n bywoord van manier of wyse (hoe?). Die ander twee bywoorde het te doen met waar ‘n aksie plaasvind.

Hy staan daar. Waar staan hy? Daar . Daar is dus ‘n bywoord van plek . Sy hardloop vorentoe. Waar? Vorentoe . Vorentoe is ‘n bywoord van rigting . Nog sulke woorde is hiernatoe, agtertoe en soontoe.

Skryf drie sinne neer en gebruik hiernatoe, agtertoe en soontoe as bywoorde van rigting.

LU/AS 6.2.11

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.3 identifiseer en bespreek kernkenmerke soos konteks, die spreker se liggaamstaal, inhoud, register en woordkeuses:
1.3.3 bespreek hoe hierdie kenmerke sowel die spreker as die luisteraar posisioneer (soos t.o.v. gesag en mag, houding teenoor karakters);
1.5 luister vir inligting in ‘n verskeidenheid mondelinge tekste (debatte, verduidelikings, verslae, televisiedokumentêre), som hoofgedagtes op en neem kennis van spesifieke besonderhede.
LU 3
LEES EN KYK Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 lees ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos tydskrifte, gedigte, romans, kort toneelstukke, koerante, handboeke):
3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleidings, die nagaan van begrip, ens.)
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe:
4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes, bv. limerieke);
4.1.2 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe uitgedruk word (soos kennisgewings, verslae);
4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste vir verskillende teikengroepe deur taal, byklanke, grafika en ontwerp duidelik en skeppend te gebruik (soos CD- en boekomslae, TV- en radioadvertensies, nuusbriewe met foto’s);
4.4 pas kennis van taal op verskeie vlakke toe:
4.4.3 paragraafvlak:
  • skryf ‘n kernsin en sluit relevante inligting in om ‘n samehangende paragraaf te ontwikkel.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 werk met woorde:
6.1.3 spel ook minder algemene woorde korrek en herken uitsonderings in spelpatrone;
6.1.6 gaan spelling en betekenis in ‘n woordeboek of tesourus na,
6.1.8 ontwikkel woordeskat deur woordvorming, deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herken en deur betekenis uit die konteks af te lei,
6.1.11 verstaan en gebruik gepaste sinonieme, antonieme, homonieme en homofone;
6.2 werk met sinne:
6.2.10 verstaan die funksie en gebruik van selfstandige naamwoorde, asook getal, geslag en verkleinwoorde;
6.2.12 verstaan die funksie en gebruik van adjektiewe: verbuiging.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask