<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 6

Module 7

Lees vir inligting

  1. Dis ‘n erkende feit dat ons samelewing onder velerlei euwels (“wortels van vele kwaad”) gebuk gaan en dat ons almal hierdeur beïnvloed word. Dwelmmisbruik, middelafhanklikheid, drink en bestuur, misdaad, ens., is maar net ‘n paar van die “wortels van vele kwaad” wat bitter vrugte dra.
  1. Lees die volgende berig oor drankmisbruik aandagtig.

Lugdienste Gaan Vlerke Van Besopenes Knip

KAAPSTAD – Besope lugpassasiers se dae van moles maak, is dalk binnekort verby.

In ‘n poging om lugwoede te bekamp, sal die SAL voortaan strenger optree teenoor passasiers wat vlugte onaangenaam en gevaarlik maak.

Mnr. Rich Mkhondo, SAL-woordvoerder, sê die kaptein van enige vliegtuig het die reg om passasiers wat te veel alkohol ingeneem het, van die vliegtuig te laat verwyder en te laat aankla.

Oortreders sal ‘n waarskuwing kry. Hulle kan egter ook aangekla en beboet word.

Die SAL en ander lugdienste stel tans ‘n lys van gereelde oortreders saam. Passasiers wat herhaaldelik oortree, sal nie op dié lugdienste se vlugte toegelaat word nie.

Alle passasiers sal oor die nuwe drankbeleid ingelig word. – (Hanlie Booysen)

Die Burger , 2 Februarie 2002

  1. Vul die ontbrekende woorde in sonder om weer na die voorafgaande volledige artikel te kyk:

Besope _______________ se dae van moles maak, is dalk binnekort

verby. In ‘n poging om lugwoede te bekamp, sal die ___________

voortaan strenger optree teenoor _____________ wat vlugte

onaangenaam en gevaarlik maak. Mnr. Rich Mkhondo, SAL-

woordvoerder, sê die ____________van enige vliegtuig het die reg

om passasiers wat te veel ______________ ingeneem het, van die

__________________te laat verwyder en te laat aankla. Oortreders sal ‘n

__________________kry. Hulle kan egter ook aangekla en

_________ word. Die SAL en ander ________________ stel tans

‘n lys van gereelde oortreders saam. Passasiers wat herhaaldelik

ootree, sal nie op dié lugdienste se vlugte toegelaat word nie. Alle

_________________ sal oor die nuwe drankbeleid ingelig word.

(Hayley Booysen)

Die Burger , 2 Februarie 2002

LU/AS 3.1.2
  1. Lees die volgende berig aangaande misdaad aandagtig deur:

Klant Byt Polisieman Aan Sy Hand

LAINGSBURG. – ‘n Aggressiewe klant wat hier in ‘n kafee geweier het om vir artikels te betaal en die eienaar in ‘n woordewisseling daarmee gegooi het, het boonop daarna ‘n geregsdienaar aan die hand gebyt en geweier om te laat los.

Die 24-jarige mnr. Kammies Skermand, by wie sers. Buks Gouws ná die voorval 23 dagga-sigarette gevind het, is hier in die landdroshof skuldig bevind aan die onwettige besit van dagga en aanranding van ‘n polisieman.

Sers. Gouws, wat na die kafee ontbied is om te help, het getuig hy kon sien dat mnr. Skermand onder die invloed van dwelms was. Hy het hom in hegtenis geneem en mnr. Skermand het sers. Gouws aan die linkerhand gebyt. Ná ‘n paar houe oor die kop kon sers. Gouws sy hand bevry.

Verwerk uit Die Burger

  1. Onderstreep die korrekte antwoord sonder om weer na bostaande berig te kyk:

‘n Aggressiewe ( klant, man ) wat hier in ‘n kafee geweier het om vir artikels te betaal en die eienaar in ‘n woordewisseling daarmee ( gegooi, geslaan ) het, het boonop daarna ‘n geregsdienaar aan die ( vinger, hand ) gebyt en geweier om te laat los. Die ( 24-jarige, 30-jarige ) Kammies Skermand, by wie sers. Buks Gouws ná die voorval 23 dagga-sigarette gevind het, is hier in die ( hooggeregshof, landdroshof ) skuldig bevind aan die onwettige besit van dagga en aanranding van ‘n ( sersant, polisieman ). Sers. Gouws, wat na die ( kafee, supermark ) ontbied is om te help, het getuig hy kon sien dat mnr. Skermand onder die invloed van ( dwelms, dagga ) was. Hy het hom in hegtenis geneem en mnr. Skermand het ( geweier, ingewillig ) dat hy deursoek word. ‘n Hewige ( woordewisseling, geveg ) het tussen die twee uitgebreek en mnr. Skermand het sers. Gouws aan die linkerhand gebyt. Ná ‘n paar houe oor die kop kon sers. Gouws sy hand bevry.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask