<< Chapter < Page Chapter >> Page >
Rolprent Genre
1.
2.
3.
4.
5.

Stap 3

* ‘n Ramp ** Skaflik *** Goed **** Uitstekend ***** ‘n Meesterstuk

As musiekresensent vir FL IEK- MUS IEK- RUBR IEK moet jy die musiek van ‘n rolprent op bostaande skaal klassifiseer en resenseer.

Hierdie aktiwiteit kan individueel of in groepe gedoen word.

Kies ‘n rolprent van jou keuse óf

Kies ‘n rolprent uit die era wat die opvoeder aan jou toesê.

Skryf ‘n resensie oor die musiek van óf die hele rolprent óf ‘n spesifieke toneel.

Analiseer hoe die musiek in die rolprent (of toneel) gebruik word om reaksie by die gehoor te ontlok.

Gebruik die gegewe musiekelemente en komposisietegnieke as riglyn – nie noodwendig almal nie.

Jou opvoeder sal jou lei.

Vir idees omtrent die uitleg van jou resensie kan jy tydskrifte, koerante en die Internet raadpleeg.

Plak die resensie in jou leerderjoernaal.

Musiekelemente

1. Styl/genre( zjaan’-re)

Watter tipe musiek word gebruik? (Klassiek, Rock, Avant-garde, Kerkmusiek, Blues, Jazz, Afrika, Gospel , ens.)

Pas dit by die genre van die rolprent, bv. aksie, drama, avontuur, wetenskap- fiksie, fantasie, oorlog, Wilde Weste, ens.?

2. Tema, melodie

Is daar enige hooftemas?

Word dit met spesifieke karakters (of gebeure/ situasies) verbind?

3. Ritme en tempo

Is die musiek vinnig of stadig? Is daar kenmerkende ritmepatrone?

4. Harmonie en toonsoort

Is die musiek tonaal (in ‘n majeur- of mineur toonsoort) of atonaal - (geen toonsoort) bv. enige tone in enige opvolging)?

5. Instrumentasie en orkestrasie

Instrumentasie: Is dit vokaal of instrumentaal? Is dit elektroniese musiek? Watter instrumente word gebruik vir spesifieke karakters en situasies? Orkestrasie: Hoe word die instrumente gekombineer?

6. Tekstuur

Beskryf die tekstuur: dig, yl, grof, glad, besig, skerp, krakerig, syagtig, dor (bar), fluweelagtig, ineensmeltend, ens.

7. Timbre ( Tam’bre )

Beskryf die klankkleur: warm, koud, spokerig, weergalmend, klingelend, helder, deurdringend, nabootsend, dof, metaalagtig, ens.

8. Dinamiek en uitdrukking

Beskryf die intensiteit van die klank? Hard of sag; vrolik of hartseer; ens.

9. Vormstrukture

Is daar enige vormstruktuur? AB, ABA, vers en refrein, ens.

10. Enkele komposisietegnieke

Watter tegnieke word gebruik?

Voorbeelde van tegnieke is, onder andere, herhaling, nabootsing, sinkopasie, transformasie, ens.

Stap 4

Hou ‘n klasbespreking en deel jou analise met die res van die klas. Lig dit toe met ‘n video (of CD) -opname van die rolprent.

N abetragtingsvrae

Dink oor jou navorsings-, analiserings- en aanbiedingsproses en beantwoord die volgende vrae:

1. Watter hulpbronne het vir jou die meeste beteken in jou navorsing?

2. Was die inligting wat jy gekry het akkuraat en insiggewend? Waarom/waarom nie?

3. Het hierdie benadering jou gehelp om die doel, funksie en ontwikkeling van rolprentmusiek beter te verstaan?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
REFLEKSIEDie leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
GESAMENTLIK
2.3 kan analiseer hoe kulture mekaar affekteer en hoe hulle verandering ondergaan;
2.4 die rol wat tegnologie in die vorming van prosesse en produkte in drama, dans, musiek en kuns oor die tyd heen gespeel het, kan analiseer;
2.5 die begrippe mag, kontrole en dominering in massamedia- en volkskultuurverband kan bespreek en vertolk;
DANS
2.7 besin en vergelykings tref oor hoe sosiale danse hulle tyd weerspieël;
DRAMA
2.8 die positiewe en negatiewe effekte van televisie, radio, dokumentêre programme of rolprente op ons lewens kan analiseer;
2.9 ‘n resensie oor ‘n plaaslike of ander dramaproduksie kan skryf, met verwysings na konvensies van die opvoer en elemente van drama;
MUSIEK
2.10 die wyse waarop musiek in liedjies, rituele, publieke gebeure, rolprente, opera of advertensies gebruik word om reaksies te ontlont, kan analiseer;
VISUELE KUNSTE
2.11 die invloede en omstandighede wat die ontwikkeling van ‘n Suid-Afrikaanse, Afrika- of internasionale kunstenaar uit die verlede of hede bepaal, kan ondersoek en verduidelik.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11066/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask