<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Hier sien julle ‘n skets van Johannes Gutenberg by sy drukpers en ‘n skets van ‘n moderne drukpers. Sjoe, daar is ‘n groot verskil, nè?
KOERANTE
Een van die belangrikste gedrukte stukke in ons lewens is natuurlik die koerant. Daar verskyn daagliks baie verskillende koerante om ons op die hoogte van nuusgebeure in ons omgewing, land en die wêreld te hou.
(a) Noem een Afrikaanse koerant wat daagliks in jou omgewing verskyn.
..............................................................................................................
(b) Is daar n weeklikse strooikoerantjie wat in julle omgewing versprei word? Indien wel, wat is sy naam?
..............................................................................................................
(c) Ons gaan nou ‘n bietjie loer hoe dit in die koerantwêreld lyk. Ons moet egter eers 'n paar koerantwoorde leer ken:
verslaggewer ........................ finansies en ekonomie
resensie ....................... publiseer
redaksie ........................ berig
dagblad .......................... aktueel
rubriek ............................. artikel
redakteur
Kies uit die woorde hierbo een wat die beste by elke verduideliking pas:
(i) ‘n Koerant wat elke dag verskyn.
......................................................................
(ii) Nuus word hierin bekend gemaak.
......................................................................
(iii) Die persoon wat ‘n berig skryf.
......................................................................
(iv) Die persoon wat die berig moet nasien en die foute regmaak.
......................................................................
(v) Al die verslaggewers, redakteurs, fotograwe en ander mense wat ‘n bydrae lewer om die koerant te laat verskyn.
......................................................................
(vi) Die koerant druk en uitgee.
......................................................................
(vii) Die bespreking van, onder andere, ‘n boek, film, toneelopvoering of kunswerk.
......................................................................
(viii) Dit dui vir ons op sake van die dag.
......................................................................
(ix) Dis ‘n opstel in ‘n koerant.
......................................................................
(x) Dis ‘n afdeling in ‘n koerant wat aan ‘n sekere onderwerp gewy word.
......................................................................
(xi) Dit gaan oor geldsake en hoe om te spaar.
......................................................................
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
1.1 dit geniet om na verskillende soorte mondelinge tekste te luister (soos stories, fabels, limerieke, kort verslae) en gepas reageer.
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.2 kyk na en kommentaar lewer op verskeie visuele en multimedia-tekste soos advertensies, video’s/films, TV-dramas, en, indien beskikbaar, rekenaarprogramme en CD-ROM’s):
3.2.2 grafiese tegnieke soos kleur, keuse van beelde, soort en grootte van letterwerk, simbole en uitleg identifiseer en bespreek.
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
6.1 met woorde werk:
Aktiwiteit 1 (a) – (d) Beantwoord mondelings
Aktiwiteit 2 (b)
(i) Waar
Aktiwiteit 3 (a) Sal verskil
(b) Sal verskil
(c) (i) dagblad
(xi) finansies en ekonomie
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?