<< Chapter < Page Chapter >> Page >

GROEPWERK

  • Verdeel in groepe van 3 - 4 en vertel mekaar van jou, of iemand wat jy ken, se snaakse gewoonte(s). Een persoon in elke groep vertel die snaaksste storie aan die klas.
  • Bespreek die moontlike agtergrond en konteks van elke storie en probeer ‘n verband vind met ‘n sosiale tema soos menseregte, sosiale geregtigheid of enige etiese kwessie.
LU 2.4

WOORDEBOEKOPDRAG

1. Gebruik ‘n verklarende woordeboek en verduidelik/omskryf die volgende woorde:

1.1 sielkundige

1.2 psigoloog

1.3 smulpaap

1.4 lekkerbek

2. Wat noem jy ‘n persoon wat klas gee aan ‘n universiteit? (Nie ‘n “dosent” nie)

2.1 Manlike vorm

2.2 Vroulike vorm

3. Maak kort sinnetijies om die verskil tussen die volgende woordpare aan te dui.

3.1 reuk

ruik

3.2 lus

lis

3.3 dokter

doktor

4. Intensiewe vorm

  • Smullekker (opskrif) is die intensiewe vorm van lekker. Intensiewe vorme is altyd een woord, behalwe wawyd oop en wawyd wakker. Doen nou:

4.1 klein

4.2 duur

4.3 snaaks

4.4 fyn

5. Meervoud

5.1 Ander woorde wat ook ‘n afkappingsteken kry, is woorde wat eindig op ‘n, i , o en u .

  • Verskaf nou die meervoud van:
  • foto
  • alibi
  • balju
  • mini
  • Sotho
  • branderski
  • impi
  • guru

(weet jy wat hierdie woorde beteken?)

5.2 ‘n Laaste groep woorde wat ‘n afkappingsteken kry, is woorde wat op ‘n a, wat lank uitgespreek word, eindig. Let op “ma” en “ouma”. “ma” word lank uitgespreek, maar ouma nie. Ma = ma’s en ouma = oumas.

  • Verskaf nou die meervoude van:
  • pa
  • oupa
  • kamera
  • karba
  • hoera
  • sauna
  • komma
LU 6.1

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
2.2 idees, feite en menings oor uitdagende onderwerpe akkuraat en samehangend oordra deur ‘n verskeidenheid feitelike, mondelinge tekssoorte te gebruik;
2.4 gevorderde interaksievaardighede toon deur aktief aan groepbesprekings, gesprekke, debatte en ondersoeke deel te neem.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer
Dit word bewys as die leerder:
3.3 die doel, teikengroep en konteks van tekste kan bespreek en verduidelik;
3.4 begrip van ‘n wye verskeidenheid informatiewe tekste toon: hoofgedagtes identifiseer en opsommings maak, idees evalueer, die geldigheid van argumente beoordeel, verskillende standpunte bespreek, en tussen menings en feite onderskei.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf
Dit word bewys as die leerder:
4.1 ‘n wye verskeidenheid verbeeldingstekste skryf om die kreatiewe, kritiese en speelse gebruik van taal te verken deur die skryf van gedigte en briewe;
4.2 ‘n verskeidenheid feitelike skriftelike en multimodale tekste vir verskeie doeleindes lewer deur waar gepas, visuele beelde en ontwerpe in die volgende te gebruik: e-boodskappe, verslae oor aktuele sake, advertensies, plakkate, boek- en filmresensies, ooggetuieverslae, koerantberigte, cv’s, persbriewe, aansoekbriewe, dekbriewe, agenda en notule van vergaderings.
LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer
Dit word bewys as die leerder:
6.1 met woorde werk:
  • spelreëls en –strategieë, eie spellys vir moeilike woorde, gebruik van hoofletters en skryftekens, die woordeboek en tesourus gebruik, afleiding, samestelling en alledaagse voor- en agtervoegsels gebruik om woordeskat uit te brei, woordfamilies en woorde oor dieselfde onderwerp gebruik om woordeskat uit te brei, die leen van woorde deur tale en die ontstaan van nuutskeppings verstaan, sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme verstaan en gebruik, alledaagse afkortings en anonieme gebruik;
6.2 met sinne werk:
  • voornaamwoorde, hoofwerkwoorde, medewerkwoorde en deelwoorde, adjektiewe, bywoorde, voegwoorde, determineerders, telwoorde, tussenwerpsels, voorsetsels, grammatikale verskil tussen die funksie van sinsoorte, gebruik van sinsdele soos onderwerp, gesegde, direkte en indirekte voorwerp, bywoordelike en byvoeglike bepalins, hoofsinne en bysinne, tydsvorme, woordorde, aktiewe en passiewe vorm, verandering van sinne van direkte na indirekte rede en andersom, ontkennende vorm, punktuasie;
6.4 ontwikkel bewustheid van styl:
  • sinslengtes en sinsoorte, formele en informele taalgebruik, idiomatiese uitdrukkings en taalidioom.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask