<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Memorandum

Inleidend

Vra vir die leerders om artikels uit tydskrifte en koerante te bring wat handel oor iets wat snaaks of ongewoon is. Maak ‘n aansteekbord met al hierdie materiaal. Die leerders moet teen die einde van die jaar twee keer ‘n geleentheid gekry het om ‘n voorbereide leespunt te verwerf. Dit is miskien ‘n goeie idee om nou een leespunt te kry. Elke leerder moet twee kopieë van ‘n artikel bring – een vir u om te volg en een vir hom / haar om te lees. U teken die punt aan en die twee kopieë word in sy / haar portefeulje bewaar.

Aktiwiteit 1

Begripsvrae Swaar skooltasse oor een skouer ‘kan rug verkrom’

1. Klagtes is meestal rugverwant.

2. Sy praat namens die vereniging.

3. Oefening versterk die romp- en rugspiere en stabiliseer die werwelkolom.

4.1 Onwaar. “nie die ontwikkeling van ‘n normale rug beïnvloed nie.” OF “By kinders wat wel ‘n probleem het.”

4.2 Onwaar. “mits die gewig tussen albei skouers verdeel word.”

5.1 Iemand wat die fisioterapie beoefen, d.w.s. geneeskundige behandeling deur aanwending van die natuurlike kragte en vermoëns van die liggaam self.

5.2 Iemand wat skeef gegroeide ledemate kan behandel.

5.3 Onskuldig, te goeder trou, sonder om te bekommer.

  • U kan nou van die geleentheid gebruik maak om sommer na ander mediese terme ook te verwys:
  • Oftalmoloog – toets oë en behandel oogsiektes
  • Apteker – maak medisyne aan
  • Chiropodis – behandel voete
  • Chiropraktisyn – tree geneeskundig op deur manipulasie en massering.
  • Kardioloog – hartspesialis
  • Patoloog – vors oorsaak van siektes na deur ontledings (doen ook lykskouings)

Aktiwiteit 2

Opsomming

  • U moet hier inleidend gesels oor die maak van opsommings. Wys op die belangrikheid van die volg van instruksies! As dit volsinne moet wees, dan moet dit volsinne wees. As dit puntsgewys moet wees, dan mag dit nie in paragraafvorm wees nie.
  • Onthou, die aantal woorde moet altyd aangedui word!
  • Moontlike antwoorde:
  • Let op ‘n goeie postuur.
  • Moenie jou skouers laat hang nie.
  • Moenie onnodig swaar voorwerpe optel nie.
  • Buk met jou knieë.
  • Oefen jou romp- en rugspiere.
  • Moenie jou tas op jou boude laat rus nie.

Aktiwiteit 3

Stelwerk (funksioneel)

  • Die leerders maak ‘n skutblad waarop hulle Funksionele Skryfwerk skryf. Dit word in die portefeulje geplaas en die koerantartikel word daar geliasseer.
  • Die assesseringsmatriks, asook al die ander wat later benodig word, is aangeheg.

Aktiwiteit 4

Idiome Winkeltande maak dalk eendag plek vir muistande.

Hier kan u lekker gesels oor al die wonderlike uitvindings en hoe dit ons lewe vergemaklik het. Wys ook op al die interessante goed wat in die mediese wêreld aan die gebeur is.

Sê na hierdie geselsie reeds dat die leerders ‘n formele mondeling moet doen, soos aangedui by Aktiwiteit 5. Hulle moet navorsing gaan doen en hulle toespraak moet feitelik korrek wees. Wys ook aan hulle uit dat hulle al die bronne moet aandui en

dat al die inligting, asook die finale produk, gehou moet word. Dit moet in die portefeulje bewaar word, want die vakadviseur kan vra dat ‘n spesifieke leerder sy/haar mondeling vir hom moet doen!

  • Die assesseringsmatriks word verskaf.
  • Hierdie gedeelte gaan spesifiek net oor idiome en uitdrukkings. Daar is het net “tande”, “muis” en “bloed” gebruik, maar u kan enige ander byvoeg.
  • Vra bv. vir die leerders om idiome te verskaf wat met dronkenskap te doen het – daar is baie!
  • Aangeklam wees
  • Die arm lig
  • In die bottel kyk
  • Met die druiwekar ry
  • Hoenderkop wees
  • Twee rye spore loop
  • Of wat van “hand”?
  • Baie hande maak ligte werk
  • Hand aan die ploeg slaan
  • Iemand onder hande neem
  • Jou hande in onskuld was, ens.
  • Dit kan ook groot pret wees as u stomstreke met die leerders speel. ‘n Leerder kom na vore en mimiek ‘n idioom. Net gebaretaal, geen woorde nie, en die klas moet raai wat dit is.
  • Nog ‘n idee: Die leerders kies elk ‘n idioom en beeld dit op ‘n plakkaat uit – geen woorde nie – die klas moet dan raai wat dit is en wat dit beteken. Die idioom word dan later opgeskryf. Dit kan dan as ‘n Kreatiewe Skryfstuk tel. Of u kan dit as klasversiering gebruik.

1. Om ‘n dreigende houding in te slaan

2. Om met teensin te eet

3. Jou klaarmaak vir iets/ iets by voorbaat geniet.

4. As jy genoeg geëet het, smaak die kos nie meer lekker nie.

5. ‘n Mens moet versigtig wees wat jy voor kinders sê.

6. Vir bloedverwante doen ‘n mens altyd meer as vir ander

7. Die onmoontlike probeer doen

8. Van hoë afkoms wees

9. ‘n Hardvogtige woekeraar

10. Vir bloedverwante doen ‘n mens meer as vir ander

1. Ongelooflik om te glo

2. Dit moet kom wat wil.

3. Te voet

4. Ondank in plaas van dank ontvang

5. Blou kolle oral

Aktiwiteit 5

Formele mondeling

Assesseer aan die hand van die drie kriteria wat in die module gelys is.

Aktiwiteit 6

‘n Taaloefening: Gautenger voel gestrand sonder smullekker sand

  • Die onderwyser moet in die klaskamer rondstap om waarnemings te doen van die individuele deelname binne groepverband. Assesseer bv. so:
  • Deelname aan en effektiewe kommunikasie binne die bespreking = 5 punte
  • Vermoë om ‘n storie te vertel = 5 punte

1.1 die leer van die wese van die menslike siel

1.2 soos bo

1.3 lemand wat hou van lekker kos

1.4 soos bo

2 lektor / lektrise

3.1 Die reuk van die vis maak my naar.

3.2 Ek ruik vis.

3.3 Die lus vir vis het my oorval.

3.4 Die lis van die geslepe dief het die polisie verras.

3.5 mediese dokter

3.6 doktorsgraad in bv. Afrikaans

4.1 piepklein

4.2 peperduur

4.3 skreeusnaaks

4.4 ragfyn

5.1 DVD’s

OTM’s

CD’s

5.2 foto’s

alibi’s

balju’s

mini’s

Sotho’s

branderski’s

impi’s

guru’s

5.3 pa’s

oupas

kameras

karba’s

hoera’s

saunas

kommas

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask