<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 9

Argitektoniese beplanning

Module 6

Strukture

AKTIWITEIT 1:

Om die term ‘strukture’ te verduidelik.

’n Struktuur kan gedefinieer word as ’n liggaam wat toegepaste kragte weerstaan sonder om van vorm of grootte te verander, behalwe vormveranderings wat deur die elastisiteit van die stof waaruit dit bestaan, veroorsaak word.

Om veilige en doeltreffende strukture te kan ontwerp, moet ons die uitwerking van kragte verstaan. Die studie van kragte wat rustend is, staan bekend as statika , terwyl dinamika na die studie van kragte of liggame verwys wat in beweging is.

Die hooffunksie van ’n struktuur is om kragte van een plek na ’n ander oor te dra. As jy op ’n stoel sit, dra die stoel jou gewig oor na die vloer. As jy oor ’n brug stap, dra die brug jou gewig oor na die walle of rante waarop die brug rus. Voorwerpe wat as strukture dien kan natuurlik ook ander bykomende funksies hê.

Die mure van ’n huis vorm ’n struktuur wat verskillende gewigte na die grond oordra, maar saam met die dak verskaf hulle ook beskutting teen die elemente. Later in hierdie module gaan jy ’n addisionele konstruksie (klaskamer) vir jou skool ontwerp en maak. Jou ontwerp sal die toepassing van estetiese sowel as tegniese oorwegings behels. Jy sal poog om jou struktuur aantreklik te laat lyk sodat dit bydra tot die verryking van die omgewing.

Fokustaak A

1. Verduidelik in jou eie woorde wat ’n struktuur is.

2. Gee voorbeelde van strukture in die onmiddellike omgewing.

3. Maak ’n lys van alle moontlike doeleindes waarvoor strukture aangewend word, waaraan jy kan dink. Gee in elke geval ’n voorbeeld van ’n struktuur om te verduidelik hoe die struktuur sy doel dien.

LU 2.1

AKTIWITEIT 2:

Om tussen verskillende soorte strukture te kan onderskei.

Massastrukture : Hierdie is soliede strukture soos gravitasiedamme wat die toegepaste kragte deur middel van hul eie gewig weerstaan.

Raamstrukture : Stawe word by hulle punte aan mekaar geheg om ’n raamwerk te vorm waarna dikwels as ’n skeletstruktuur verwys word. As die stawe almal op dieselfde vlak lê, word hulle ‘enkelvlakrame’ genoem (twee-dimensioneel) maar as hulle in drie vlakke lê noem ons hulle ruimterame (drie-dimensioneel). Dit is dikwels nodig om ’n ruimteraam met een of ander vorm van plaatmateriaal te bedek, bv. ’n hoë gebou wat met glas bedek is.

Doppe : In teenstelling met raamstrukture, dra ’n dop die kragte wat daarop uitgeoefen word deur die plaatmateriaal waaruit dit vervaardig is, oor. Baie items soos bv. motorvoertuie is in die verlede as ’n raam ontwerp en met plaatmateriaal bedek. Deesdae word hulle as doppe ontwerp en word die kragte deur die plaatmateriaal wat die dop vorm, oorgedra (skulpboukonstruksie). Die dop word dikwels met verstywers versterk wat help dat die dop sy vorm behou en sodoende versterk word. ’n Studie van die sterkte van die materiaal self word soms as ’n vak by ingenieurskursusse ingesluit en kan as meganiese ingenieurswerke of iets soortgelyks bekend staan (fokus op weerstandsmateriale).

Fokustaak B

  • Maak sketse van voorbeelde van die volgende uit die omgewing:

1. Massastrukture

2. Enkelvlakraam

3. Ruimteraam

4. Skulpboukonstruksie

LU 2.1

5 . Ontwikkel ’n inligtingsblad oor stowwe/materiale wat as plaatmateriaal vir geboue gebruik kan word.

6 . Wat beteken versterking?

7 . Gee voorbeelde van versterkte materiale.

LU 2.2

Assessering

LU 2
TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
Dit is duidelik wanneer die leerder :
strukture:2.1 kennis en begrip van strukture demonstreer in terme van:
  • eienskappe van materiale wat hulle werking in strukture affekteer;
  • ’n analise van die effekte van verskillende beladings (strukture);
verwerking:2.2 kennis en begrip toon oor hoe materiale geprosesseer kan word om hulle kenmerke te verander of te verbeter (lewensduur), en hoe herwinbare materiale hervervaardig kan word.

Memorandum

Fokustaak A

1. Leerders moet wys dat hulle duidelik verstaan wat ‘n struktuur is. Aktiwiteit 1 verduidelik wat ‘n struktuur is.

2. Enige struktuur, van natuurlik tot mensgemaak (voorbeeld). Huise, dakke, voëlneste, fietsraam, grotte, ens.

3. Ondersteun / stut – leer, stoeleBeskerm – huis, voëlnesteSluit in / bevat – swembad, inkopiesakOorspan ‘n afstand – brug, wasgoeddraad

Fokustaak B

1. damwalle, opgaardamme

2. fietsraam

3. elektriese krag-voorsieningstoring

4. motor, bv. Volvo

5. Hierdie bladsy moet inligting bevat oor plaatmateriaal soos glas, houtprodukte en metaalprodukte wat deesdae deur bouers gebruik word. Die leerders moet navorsing doen vir hierdie werkopdrag.

6. Die term beteken dat ‘n sekere materiaal versterk is deurdat ‘n sterk materiaal in sy struktuur bygevoeg is. Deesdae word metaalstawe in die meeste betongeboue gebruik om die beton te versterk.

7. Gewapende betonHout, bv. laaghoutGlas wat metaalstrokies bevat

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11070/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask