<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Opdrag 2:

Lees op en / of besoek die internet en gebruik ‘n soekenjin. Gebruik soekwoorde soos: “aqueduct” en “water wheel”. Vind meer uit oor:

Die waterwiel

Akwadukte

Gee terugvoer in groepe aan die klas.

Assessering van Ondersoek en Insameling van Inligting

Kon jy inligting kry oor die waterwiel en akwadukte, asook terugvoer daaroor gee?

Aktiwiteit 3:

Om hidro-elektrisiteit en steenkoolverbranding as bronne te vergelyk en so te evalueer

[lu 2.2, 2.3]

Opdrag 1:

Voltooi die kolomme oor steenkoolkragsentrales en hidro-elektriese skemas ten opsigte van die aspekte soos aangedui in die eerste kolom. Besluit elke keer of dit ‘n voordeel of nadeel is en merk die toepaslike kolom.

Aspek
Besoedeling
Koste
Werkskepping
Reserwes
Spoed van die proses
Betroubaar-heid van bron
Steenkoolkrag
Voordeel Nadeel
Hidro-elektrisiteit
Voordeel Nadeel

Gevolgtrekking:

Kernkrag

Aktiwiteit 4:

Om kernkragopwekking as bron te ondersoek

[lu 1.2, 1.3, 3.1]

Opdrag 1:

Doen ‘n projek oor “Kernkrag in Suid-Afrika”.

Deel die leerders in groepe sodat hulle inligting kan insamel oor kernkrag. Elke groep moet die volgende vrae aanspreek en terugvoering gee in die vorm van ‘n plakkaat:

Waar is Suid-Afrika se kernkragsentrale?

Hoeveel elektrisiteit word daardeur gelewer?

Aan wie voorsien Koeberg hierdie elektrisiteit?

Watter gevaarlike mineraal word gebruik in die opwekkingsproses?

Hoekom is afkoeling so ‘n noodsaaklike komponent van hierdie kragopwekking?

Is dit waar dat 25 trokke steenkool se verbranding dieselfde energie sal lewer as wanneer ‘n golfbalgrootte uraan gesplit word?

Besoek:

www.eskom.co.za/nuclear.overview

Opdrag 2:

Hou ‘n klasbespreking oor die waarde al dan nie van kernkrag.

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit word bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke kan beplan;

1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;

1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.

LU 2

Wetenskaplike KennisDie leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit word bewys as die leerder:

2.1 sinvolle inligting kan oproep;

2.2 inligting in kategorieë kan plaas;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

LU 3

Wetenskap, Omgewing en die GemeenskapDie leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit word bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;

3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

Die hoofenergiebronne wat in Suid-Afrika gebruik word om elektrisiteit op te wek, is:

  • verbranding van steenkool
  • hidro-elektrisiteit
  • kernkrag

STEENKOOLVERBRANDING EN KRAGSENTRALES

AKTIWITEIT

Opdrag 1

Dit is tans die mees algemene bron van energie en dus van elektrisiteit, aangesien Suid-Afrika ryklik voorsien is van steenkoolreserwes. ESKOM se steenkoolkragsentrales produseer omtrent 90% van ons land se elektrisiteit. Ons het tans 18 sulke groot kragsentrales.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask