<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 4

Wie is ek?

Module 1

Aangename kennis

Aktiwiteit 1

Om aan ‘n gesprek deel te neem [lu 2.1.3]

Vul die volgende inligting in om iets oor jouself te vertel.

Bespreek eers in jul groepe die gebruik van die hoofletter. Die kontrolelys onderaan sal vir jou help.

Persoonlike inligting

Naam en van:............................................................

...................................................................................

Graad:........................................................................

Adres:........................................................................

...................................................................................

...................................................................................

...................................................................................

Ouderdom: .................................

Het jy die volgende onthou?

  • hoofletters vir name en vanne, bv. Santie Smith.
  • hoofletters vir name van strate, bv. Hoofstraat, Derdelaan.
  • hoofletters vir name van dorpe en stede, bv. Houtbaai, Thabazimbi.

Aktiwiteit 2

Om vir inligting te lees [lu 3.3.5]

Lees eers die leesstuk in julle groepe deur en soek dan elkeen op jul eie al die name van liggaamsdele uit en onderstreep die woorde.

Vergelyk jou woorde met die res van die groep. Kyk wie die meeste woorde gekry het.

E k S al H ulle W ys!

Die kinders terg my alweer oor my sproetgesig en rooi hare! Eben, my beste maat, het dan ‘n krom neus en bakore. John het vet bolwange wat dril as hy hardloop en Manus se ken is skeef en lank. Grace, sy suster, is weer haasbek, want sy wissel haar tande en NIEMAND terg vir hulle nie!

Ek wens ek weet hoe om vir hulle te laat besef dat ek, net soos hulle, twee gesonde bene, twee sterk arms, tien vingers en tien tone het.

Ek, Tony, kan mos vinnig hardloop en net so hoog soos Manus spring. Dalk wen ek die beker vir die beste krieketspeler en dan sal almal van my hou, al het ek ‘n sproetgesig en rooi hare!

Aktiwiteit 3

Om woordeskat op te bou [lu 3.6.2]

Sing die liedjie terwyl jy na die verskillende gesigsdele wys. Sing dit eenkeer deur en daarna kan die name van die dele van die gesig een vir een uitgelaat word, maar wel met aksies aangedui word.

Nou ken jy die name van die dele van jou gesig. Leer die woorde se spelling.

Aktiwiteit 4

Om te leer om korrek te spel [lu 4.5.2]

Die marionet ken nie sy liggaamsdele se name nie. Help hom asseblief deur die woorde langsaan te skryf. Vul die woorde eers op jou eie in. Jy kan gebruik maak van die woorde wat jy by die vorige oefening omkring het.

ASSESSERINGSTABEL VIR WOORDESKAT

Nadat jy die takie voltooi het en die spelling van die woorde gekontroleer het, merk af wat jou taak die beste beskryf.

KRITERIA

(a) Pas die woorde by die dele van die prent. ……….

(b) Baie verwarring en baie woorde uitgelaat. ............

(c) Die woorde pas nie almal nie. Al die woorde is nie ingevul nie. ...........

(d) Enkele woorde is verkeerd ingevul. ............

(e) Al die woorde pas. ............

(f) Spel die woorde korrek. ............

(g) Te veel spelfoute. Die meeste woorde is verkeerd gespel. ............

(g) Te veel spelfoute. Die meeste woorde is verkeerd gespel. ............

(h) Spelling kort nog aandag. ............

(i) Enkele spelfoute. ............

(j) Al die woorde is korrek gespel. ............

(k) Skryf die woorde duidelik. ............

(l) Onleesbaar en onnet. ............

(m) Leesbaar, maar onnet. ............

(n) Netjies, maar te klein of te groot geskryf. ............

(o) Netjies en die regte grootte skrif. ............

Assessering

Leeruitkoms 1: luister

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

1.2 mondelinge instruksies, aanwysings en beskrywings verstaan:

  • fisiek op instruksies reageer (soos hoe om iets te maak).

Leeruitkoms 2: praat

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.1 interaksie in sy/haar addisionele taal voer:

2.1.3 deelneem aan ‘n kort gesprek oor ‘n bekende onderwerp.

Leeruitkoms 3: lees en kyk

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • lees vir inligting:

3.3.5 met ondersteuning ‘n opsomming van ‘n paragraaf maak (vul byvoorbeeld ontbrekende woorde in ‘n paragraaf in);

3.5 vir genot en inligting lees:

    • raaisels oplos (soos blokkiesraaisels);
  • naslaanwerke gebruik en woordeskat ontwikkel:

3.6.2 ‘n leeswoordeskat van ongeveer 1 000 tot 2 500 alledaagse woorde demonstreer.

Leeruitkoms 4: skryf

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.5 ontwikkelende kennis gebruik van taalstruktuur en – gebruik:

4.5.2 bekende woorde korrek spel.

Memorandum

Aktiwiteit 4

pols kop
hand skouer
knie arm
tone elmboog
duim
vingers
been
enkel
voet

Questions & Answers

prostaglandin and fever
Maha Reply
Discuss the differences between taste and flavor, including how other sensory inputs contribute to our  perception of flavor.
John Reply
taste refers to your understanding of the flavor . while flavor one The other hand is refers to sort of just a blend things.
Faith
While taste primarily relies on our taste buds, flavor involves a complex interplay between taste and aroma
Kamara
which drugs can we use for ulcers
Ummi Reply
omeprazole
Kamara
what
Renee
what is this
Renee
is a drug
Kamara
of anti-ulcer
Kamara
Omeprazole Cimetidine / Tagament For the complicated once ulcer - kit
Patrick
what is the function of lymphatic system
Nency Reply
Not really sure
Eli
to drain extracellular fluid all over the body.
asegid
The lymphatic system plays several crucial roles in the human body, functioning as a key component of the immune system and contributing to the maintenance of fluid balance. Its main functions include: 1. Immune Response: The lymphatic system produces and transports lymphocytes, which are a type of
asegid
to transport fluids fats proteins and lymphocytes to the blood stream as lymph
Adama
what is anatomy
Oyindarmola Reply
Anatomy is the identification and description of the structures of living things
Kamara
what's the difference between anatomy and physiology
Oyerinde Reply
Anatomy is the study of the structure of the body, while physiology is the study of the function of the body. Anatomy looks at the body's organs and systems, while physiology looks at how those organs and systems work together to keep the body functioning.
AI-Robot
what is enzymes all about?
Mohammed Reply
Enzymes are proteins that help speed up chemical reactions in our bodies. Enzymes are essential for digestion, liver function and much more. Too much or too little of a certain enzyme can cause health problems
Kamara
yes
Prince
how does the stomach protect itself from the damaging effects of HCl
Wulku Reply
little girl okay how does the stomach protect itself from the damaging effect of HCL
Wulku
it is because of the enzyme that the stomach produce that help the stomach from the damaging effect of HCL
Kamara
function of digestive system
Ali Reply
function of digestive
Ali
the diagram of the lungs
Adaeze Reply
what is the normal body temperature
Diya Reply
37 degrees selcius
Xolo
37°c
Stephanie
please why 37 degree selcius normal temperature
Mark
36.5
Simon
37°c
Iyogho
the normal temperature is 37°c or 98.6 °Fahrenheit is important for maintaining the homeostasis in the body the body regular this temperature through the process called thermoregulation which involves brain skin muscle and other organ working together to maintain stable internal temperature
Stephanie
37A c
Wulku
what is anaemia
Diya Reply
anaemia is the decrease in RBC count hemoglobin count and PVC count
Eniola
what is the pH of the vagina
Diya Reply
how does Lysin attack pathogens
Diya
acid
Mary
I information on anatomy position and digestive system and there enzyme
Elisha Reply
anatomy of the female external genitalia
Muhammad Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask