<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kyk nou goed na die lettergreepverdeling van elk van die volgende woorde:

ingewande : i n - g e-wan-de

aangenaam : aa n - g e-naam

angel : a n - g el

rekeninge : re-ke-ni n - g e

wingerd : wi n - g erd

In die lettergreepverdeling van die woorde hierbo vind jy dat daar ALTYD ‘n skeiding plaasvind tussen ‘n n en ‘n g as die g gevolg word deur ‘n klinker.

Kyk ook goed na die volgende twee woorde:

masjien : ma-sjien

brosjure : bro-sjure

In die lettergreepverdeling van die woorde hierbo vind jy dat daar NIE ‘n skeiding plaasvind tussen ‘n s en ‘n j nie.

b) Voltooi nou die volgende oefening:

Woord Voeg -e by Verdeel in lettergrepe
plaasskool plaasskole plaas-sko-le
tafelpoot
hoenderhaan
waterstroom
biblioteek
melkhoutboom
Woord Voeg -ie by Verdeel in lettergrepe
taak takie ta-kie
naweek
skreef
bioskoop
Woord Voeg -er by Verdeel in lettergrepe
verbaas verbaser ver-ba-ser
eensaam
aangenaam
Woord Voeg -tjie by Verdeel in lettergrepe
motor motortjie mo-tor-tjie
kêrel
ooi
stem

AKTIWITEIT 7

OM HOOFLETTERS EN LEESTEKENS KORREK TE GEBRUIK

[LU 6.1.5; 6.2.10]

Die hoofletter

Dit word gebruik aan die begin van ‘n sin , vir name van persone , plekke, berge, riviere, dae van die week, maande van die jaar, name van boeke, koerante en tydskrifte, Bybelname, straatname, tale, ensovoorts.

Reël 1:

Wanneer die woorde Pa of Ma of Ouma of Oupa in die plek van ‘n persoon se naam gebruik word in ‘n sin, word dit altyd met ‘n HOOFLETTER geskryf, soos:

  1. Ek het vir Pa en Ma elkeen ‘n geskenk gekoop.
  2. Ouma en Oupa kom vir ons kuier.

Reël 2:

As die woordjie my, sy, haar, ons, hulle egter voor pa of ma of ouma of oupa staan, word dit met ‘n kleinletter geskryf, soos:

  1. Ek is baie lief vir my pa en my ma.
  2. Sy is gelukkig, want haar ouma en haar oupa is nog jonk.

Leestekens

Wanneer ons praat, gebruik ons ons stem (stembuiging, stemtoon en pouses) om ons duidelik en verstaanbaar uit te druk. As ons egter skryf, maak ons van leestekens gebruik, soos:

.die punt: aan die einde van ‘n sin en na sekere afkortings.

?die vraagteken: na ‘n vraag.

!die uitroepteken: na ‘n uitroepsin of na woorde wat hartseer, woede, blydskap of pyn uitdruk.

“ ”aanhalingstekens: die direkte woorde van ‘n persoon staan tussen aanhalingstekens, byvoorbeeld:

Sandra sê: “Kyk wie kom hier aan.”

,komma: voor want, maar en omdat

tussen ‘n reeks selfstandige naamwoorde

tussen twee werkwoorde

tussen ‘n reeks byvoeglike naamwoorde

È of é aksentteken: dit gaan mos reën, nè?

D è , vat dit vir jou.

Di é pakkie moet ek gaan pos.

–die aandagstreep: wanneer jy iets wil byvoeg of iets beter wil beskryf, bv.:

Hy het vroeg opgedaag – te vroeg.

Hy is groot – eintlik reusagtig.

Skryf die volgende sinne oor en bring die nodige hoofletters en leestekens aan waar nodig:

  1. toe pa en ma nog jonk was was hulle albei goeie atlete
  2. ek wens my ma en my pa het baie geld gehad
  3. hoe laat is dit
  4. meneer sê altyd: julle moet pynlik netjies skryf
  5. hy het ‘n stokou verwaarloosde geroeste motor
  6. sommige motors is so klein dat selfs hul enjins kleiner is as die van sommige motorfietse

Het jy onthou om gereeld woorde wat vir jou nuut of moeilik is by jou persoonlike spellys te voeg?

Assessering

LU 1

LUISTER

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 04, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10969/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask