Afrikaans eerste addisionele taal
Graad 5
Waar tafelberg begin
Module 5
Stede en besienswaardighede
- Kom ons toets ‘n bietjie julle algemene kennis deur middel van ‘n lekker speletjie.
Julle gaan kolomme soos op die volgende bladsy gebruik. Verdeel nou in julle groepe. Een van die groeplede moet die letters van die alfabet op ‘n stuk papier skryf. Sommige letters kan uitgelaat word, bv. C, F, I, Q, U, X, Y en Z. Versprei die letters op die papier.
Elke groeplid kry ‘n beurt om sy of haar oë toe te maak en met ‘n potlood op die papier te druk.
Die letter waarop die potlood te lande kom, word dan gebruik. Elkeen skryf ‘n woord wat met daardie letter begin onder elke kategorie. Die eerste speler wat elke kategorie voltooi het, skree: “Stop!” en dan moet almal hulle penne neersit. Die spelers lees dan hulle antwoorde voor. Wanneer jy ‘n antwoord het wat niemand anders het nie, kry jy tien punte. Wanneer jou antwoord dieselfde as iemand anders s’n is, kry jy vyf punte.
Die speler met die hoogste telling wen die ronde. Die volgende speler maak sy oë toe en kies ‘n letter. Die spel gaan voort so lank as wat die tyd toelaat.
‘n Voorbeeld (F) is reeds vir julle gedoen.
Ek hoop julle het die speletjie geniet en baie goed gevaar.
Moes julle groep dalk die letters K en/of L gebruik? Mag ek dan
raai dat een of meer van julle groep KAAPSTAD en/of LONDEN by die kategorie “Dorpe of Stede” neergeskryf het?
Dis die stede wat ek ook sou gekies het. Kaapstad en Londen is twee van die bekendste stede in die wêreld!
LAND | STAD of DORP | DIER | BLOMME. GROENTE of VRUGTE | SPORTSTER, POPSTER of AKTEUR / AKTRISE | PUNTE |
Frankryk | Franschhoek | Flamink | Framboos | Fred Flintstone | 50 |
- Hier volg nou twee kaarte met die bekendste besienswaardighede van hierdie twee stede. Bestudeer dit saam in julle groep en kyk of julle al die ooreenkomste kan raaksien. Skryf hulle dan neer in kolomme soos aangedui. ‘n Ooreenkoms is bv. ‘n kerk. Skryf ook die name van die verskillende plekke neer. Die eerste voorbeeld is reeds gedoen.
OOREENKOMSTE
KAAPSTAD | LONDEN |
‘n Kerk: Groote Kerk | ‘n Kerk: Westminster Abbey |
. | |
[LU 5.2.5]
Londen
Kaapstad
VERSKILLE
- Wat het Kaapstad wat Londen nie het nie? (Skryf slegs die plekke en/of die name neer.)
- Wat het Londen wat Kaapstad nie het nie?
[LU 5.2.5]
- As een van julle dalk reeds in Londen was, kan julle gerus vir die klas of groep meer van hierdie groot wêreldstad vertel.
Gesels nou ‘n bietjie in julle groep oor Kaapstad.
- Watter plekke of besienswaardighede is die moeite werd om te besoek?
Jy en ‘n maat gaan nou ‘n dialoog skryf en vir die groep kom rollees.
Een van julle is ‘n reisagent in Kaapstad. Die ander een is ‘n toeris wat Kaapstad vir die heel eerste keer kom besoek. Die toeris wil weet watter besienswaardighede in Kaapstad geskik sal wees vir kinders. Die toeris gee vir die reisagent ‘n aanduiding van waarin sy kinders belangstel deur middel van vrae. Dit help die reisagent dan in sy aanbevelings. Die toeris wil ook weet waar hierdie plekke is, hoe lank dit neem om daar te kom, besoektye, ens.
‘n lys van plekke wat julle kan aanbeveel: