This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

Ons verklaar oorlog teen rommel  (Page 2/3)

Almal sit hulle items voor in die klas neer. Die opvoeder gaan vir julle elkeen een van die items gee. Julle kry so ‘n paar minute om oor die item te dink. Jy moet aan jou groep of aan die klas beskryf hoe jou item lyk, waarvan dit gemaak is en waarvoor dit gebruik is voordat dit rommel geword het. Jy moet ook aan interessante dinge dink wat ‘n mens tog daarmee kan doen. Kyk hoeveel idees jy kan uitdink!

[LU 2.3.4]

‘N ROMMELOPNAME IN DIE BUURT

Hieronder is ‘n vorm wat julle kan gebruik vir die opname.

Kyk watter soort rommel sien jy:

op die speelgrond en om die skool

in die straat en in die woonbuurt waar jy bly

in en om julle naaste winkel of winkelsentrum.

SKOOL WOONBUURT WINKEL-SENTRUM
BAIE MIN BAIE MIN BAIE MIN
PAPIER (enige vorm van papier) LEЁ KARTONHOUERS (bv. melk en sap) PLASTIEKSAKKE (winkelsakke) GLASBOTTELS LEË BLIKKE PLASTIEKBOTTELS POLISTIREENGOED METAAL (bv. yster) ANDER PLASTIEKSAKKIES (nie winkelsakke nie) ANDER:

[LU 4.1.1]

Verdeel in groepe van ses en gesels ‘n bietjie oor julle opnames. Watter soort rommel of vullis is die grootste probleem?

Waar sien ‘n mens die meeste rommel?

Stel julle opname in die onderstaande grafiek voor wat die leerkrag aan julle uitdeel.

Gebruik ‘n skaal van 1 tot 10.

1 is die minste, en 10 die meeste. Kleur die blokkies in.

Afleidings: Bespreek in julle groepe en skryf die antwoorde neer.

Watter soort rommel kom die meeste voor en hoekom?

Hoekom dink julle lê metaal soos yster al hoe minder rond?

Watter soort rommel word minder rondgestrooi: plastiekbottels of glasbottels? Wat is die rede vir jou antwoord?

[LU 5.4.3]

SKRIFTELIKE WERK

Lees die volgende paragraaf wat ‘n dogtertjie geskryf het. Haar naam is Regina Mwansa en sy woon in Zambië. Kyk in die atlas of op ‘n kaart waar Zambië is. Zambië is nie baie ver noord van Suid-Afrika nie.

Stede is Vullisfabrieke

Vullis is oral: in huise, strate, skole, parke en winkels. Die kinders speel daarop, honde snuffel daarin rond en honger mense soek vir iets om te eet. Die vullis word nooit behoorlik verwyder nie. Dit help nie ons kla nie, want die regering sê hulle het nie geld om die stad skoon te maak nie. Iets moet daaraan gedoen word! Daar moet meer vullisblikke op die strate wees en mense moet verbied word om vullis enige plek neer te gooi. Ons stad gaan een van die dae net ‘n vullishoop wees!

Hoe lyk julle stad of dorp en hoe voel julle oor julle stad of dorp? Is dit ook ‘n vullisfabriek? Skryf ‘n paragraaf oor al die gemors en vullis, of, indien dit moontlik is, oor hoe min vullis of rommel daar is. Wat veroorsaak dit? Kan daar iets gedoen word om dit te verbeter? As julle stad of dorp skoon is, watter raad het julle vir vuil stede of dorpe?

OF

Stel ‘n brosjure of pamflet saam om besoedeling en rommelstrooi te verhoed. Waarsku die publiek teen die gevare en gee ‘n paar idees van hoe om hul dorp of stad skoon en netjies te hou. Jou opvoeder sal jou help met die vou van ‘n brosjure.

[LU 4.4.1; 5.2.7; 5.2.8]

STILLEES

Lees die volgende gedig ‘n paar maal aandagtig deur en beantwoord die daaropvolgende vrae:

<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.