Natuurwetenskappe
Energie-oordrag en stelsel
Verskillende vorme van energie
Opvoeders afdeling
Memorandum
Geheuekaart:
Bewegingsenergie: wind en water
Chemiese energie: voedsel
Warmte-energie: son
Elektriese energie: selle, batterye, dinamo’s, kragstasies
Ligenergie: son
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om 'n oorsig van energievorme en energiebronne te kan gee [lu 2.1]
- Om te kan bestaan, benodig die liggaam brandstof in die vorm van voedsel. In voedsel is daar energie opgeberg en dit word chemiese energie genoem. Dit verskaf aan mense die energie om te kan leef, eet, slaap, hardloop, leer en dink.
Benewens chemiese energie is daar baie ander vorms van energie. Warmte-energie en ligenergie word hoofsaaklik van die son verkry. Bewegingsenergie word bv. verkry wanneer bewegende water ‘n waterwiel laat draai of wanneer bewegende lug (wind) ‘n windpomp laat werk.
Klankenergie word veroorsaak deur vibrerende voorwerpe, bv. die snare van ‘n kitaar.
Elektriese energie is die vorm van energie wat die meeste in die alledaagse lewe gebruik word. Elektriese energie word met behulp van dinamo’s opgewek. Elektriese energie is baie gerieflik, omdat dit met drade oor lang afstande vervoer kan word. Elektriese energie kan ook uit selle (bv. flitsselle) of batterye verkry word.
Gebruik die inleidingsparagraaf en voltooi die geheuekaart deur 'n bron van elke vorm van energie neer te skryf (probeer onthou wat jy in Graad 5 geleer het).
Assessering
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenisvolle inligting onthou.