This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Kuns en kultuur
Graad 8
Kritiese en kreatiewe refleksie
Module 9
Dans met die fokus op gestremdes
DANS
Aktiwiteit 1:
Om danse te bespreek met die fokus op gestremdes en dans
[lu 2.4]
Dink terug en probeer onthou toe jy hierdie aktiwiteit verlede kwartaal gedoen het. Beantwoord die volgende vrae:
1. Hoe het jy gevoel toe jy geblinddoek was en moes beweeg sonder om te kon sien?
- Hoe het jy gevoel toe jy nie die musiek kon hoor nie?
- Hoe het jy gevoel toe jy nie jou bene kon beweeg nie?
- Was die bewegings maklik of moeilik om uit te voer? Waarom?
- Watter deel van die aktiwiteit het jy die meeste geniet? Waarom?
- Van watter deel van die aktiwiteit het jy die minste gehou? Waarom?
- Verduidelik hoe die gestremdheid jou uitvoering van die volgende vyf basiese liggaamsaktiwiteite beperk het:
Beweging:
Draaie:
Elevasie:
Gebare:
Gewigsverskuiwing:
- Hoe het die gestremdheid jou gebruik van ruimte en vloerpatrone beïnvloed?
Blindheid:
Doofheid:
Paraplegies:
Aktiwiteit 2:
Om danse in eie sosiale en kulturele kontekste te bespreek: strictly ballroom
[lu 2.2, 2.4]
1. Beskouing
Kyk na die video Strictly Ballroom .
Verwys na die verskillende dansstyle soos dit deur die dansers/akteurs gedans word, terwyl na die video gekyk word.
Neem kennis van die volgende aspekte terwyl jy na die danse in die video kyk:
- kostuums en grimering wat vir die verskillende dansvorms gebruik word;
- die verskillende dansstyle, dansvorms en tipes dans wat in die video voorkom;
- die rol van die man in die danse;
- die rol van die vrou in die danse;
- die verskillende soorte musiek wat gebruik word vir die verskillende dansvorms;
- die gebruik van die vyf basiese liggaamsaktiwiteite;
- die gebruik van ruimte en vloerpatrone.
2. Vraelys
Beantwoord die onderstaande vrae:
- Het jy van die danse in die video gehou? Waarom? Waarom nie?
- Van watter dansstyl het jy die meeste gehou? Waarom?
- Van watter dansstyl het jy die minste gehou? Waarom?
- Watter bewegings kan jy die beste onthou?
- Sou jy die dansstyl waarvan jy die meeste gehou het, wou aanleer? Waarom? Waarom nie?
- Wat is die rol van die man wanneer hy met ‘n vrou dans?
- Van watter musiek het jy die meeste gehou? Waarom?
- Wat was Scott se probleem gedurende die danskompetisies?
- Hoe het Scott se dansstyl verskil van dié van die dansstyl van Fran se familie?
- Wat dink jy maak van Fran en Scott goeie dansmaats?
3. Klasbespreking
Beskryf en lewer kommentaar oor die dansinhoud van Strictly Ballroom :
- aksies
- kwaliteite
- ruimtelike en verhoudingsaspekte
- vorm: motiewe, ontwikkelings, kontraste, hoogtepunte
- logiese sekwense
- algemene eenheid
- die gebruik van musiek
- kostuums
Bespreek die volgende:
- die kwaliteite van die uitvoering van die danse;
- moontlike betekenisse in verhouding tot die danse wat jy gesien het;
- skakel die volgende aspekte met mekaar:
- idee
- tipe danse
- inhoud
- vorm
- styl
- musiek
- produksie-elemente
- historiese/kulturele konteks
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 2 |
REFLEKSIEDie leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook in huidige kontekste reflekteer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
GESAMENTLIK |
2.2 kan bespreek hoe die kunste tot sosiale en kulturele verandering bygedra het en kan bydra (bv. as ‘n spieël, in dokumentasie, as voorstelle, kommentare en voorspellings); |
DANS |
2.4 danse in eie sosiale, kulturele en historiese kontekste bespreek, met die klem op geslag, gestremdheid en mag; |
DRAMA |
2.5 menseregte- en omgewingskwessies navors en in kleingroep-rolspel interpreteer; |
MUSIEK |
2.6 na die gebruik van polifonie in Afrika-musiek luister en demonstreer hoe dit aan deelnemers ruimte in die maak van musiek gegee het; |
VISUELE KUNSTE |
2.7 identifiseer en verduidelik hoe fotografie, rolprentmakery, beeldhou en afdrukmakery menseregteskendings kan dokumenteer;. |
2.8 kommentaar lewer op die samestelling, styl en vakinhoud van kunswerke (bv. landskap, portret, stillewe, publieke kuns of versetkuns) oor tydperke heen |
Read also:
OpenStax, Kuns en kultuur graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11045/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.