Wiskunde
Omtrek, oppervlakte en volume
Opvoeders afdeling
Memorandum
21.1.2
21.2.3
- 6; 8; 12
- 7
21.2.6
21.2.7
a) reghoekige prisma
b) kuboied
a)
b)
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: ontvouings [lo 3.4, lo 3.7]
21.2 ONTVOUINGS:
21.2.1 Vir hierdie aktiwiteit moet jy ’n kartonhouer van enige grootte klas toe bring. Sny dit oop (wees versigtig!) sodat jy dit plat op jou tafel of bank kan oopvou. Tel nou hoeveel syvlakke, hoekpunte en kante daar is.
21.2.2 Het jy geweet?
Wanneer ons ’n kubus (of enige ander vorm) oopknip en plat vou (sien skets), noem ons die platgevoude kubus / figuur die ontvouing van die kubus / figuur. Die stippellyne dui die voue aan.
21.2.3 Kyk goed na die volgende ontvouing van ’n kubus. Kan jy nog ’n ontvouing of twee van ’n kubus teken wat verskil van hierdie een?
21.2.4 Trek nou die ontvouing van die kubus hierbo akkuraat en netjies af. Vou dan jou eie kubus. Gebruik kleeflint om die kante vas te plak.
Voltooi: ’n kubus het ............... syvlakke, ............... hoekpunte en ............... kante.
21.2.5 Gebruik nou jou kubus en maak daarvan ’n dobbelsteen. Vergelyk dit met ’n regte dobbelsteen as jy nie weet waar om die kolletjies te maak nie!
Wat is die som van die kolletjies op die teenoorstaande syvlakke van ’n dobbelsteen? __________________
21.2.6 Kan jy die volgende ontvouings voltooi? Maak jou dobbelsteen weer los en vou dit plat om jou te help.
a)
b)
c)
d)
e)
21.2.7 Bring enige leë graankoshouer van karton van die huis af saam. Knip dit oop en vou dit plat. Beantwoord dan die vrae:
a) Wat noem ons jou boks wat jy saamgebring het?
_____________________________________________________________________
b) Kan jy ’n sinoniem gee vir jou antwoord by (a)?
_____________________________________________________________________
c) Teken die ontvouing van jou oopgeknipte houer.
d) Kan jy die ontvouing van ’n reghoekige prisma op ’n ander manier ook teken?
21.2.8 KLASBESPREKING
Watter van die volgende ontvouings, dink julle, sal ’n vervaardiger eerder gebruik? Motiveer!
A
B
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
21.2.9 KOPKRAPPER!
Twee dele van die ontvouing (net) van die figure kort. Kan jy hulle intrek?
a)
b)
22. Tyd vir selfassessering
| |||
Ek kan die verskil tussen twee- en drie-dimensionele voorwerpe aandui |
|
|
|
Ek kan die volgende begrippe verduidelik: | |||
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ek kan verskillende drie-dimensionele vorms identifiseer en benoem |
|
|
|
Ek kan die aantal syvlakke van ’n drie-dimensionele figuur bereken |
|
|
|
Ek kan die aantal hoekpunte van ’n drie-dimensionele figuur bereken |
|
|
|
Ek kan die aantal kante van ’n drie-dimensionele figuur bereken |
|
|
|
Ek kan ’n kubus vanuit verskillende hoeke teken |
|
|
|
Ek kon die dobbelsteen – ontvouings korrek voltooi |
|
|
|
Ek kan meer as een net van ’n reghoekige prisma teken |
|
|
|
Assessering
Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen twee-dimensionele vorms en drie-dimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder nette ontwerp en gebruik om modelle te maak van meetkundige drie-dimensionele voorwerpe wat tot en met hierdie graad bestudeer is;
Assesseringstandaard 3.7: Dit is duidelik wanneer die leerder sketse van drie-dimensionele voorwerpe vanuit verskillende perspektiewe teken en interpreteer.