Natuurwetenskappe
Materie en stowwe
Eienskappe en gebruike van materie
Opvoeders afdeling
Memorandum
Die waarde van water.
- Medium waarin diere / plante kan lewe omdat suurstof daarin oplos.
- Algemene oplosmiddel.
- Hou natuur skoon (“was” die natuur)
- Medium waarin prosesse binne die liggaam plaasvind (die inhoud van ons liggame sou nie in poeiervorm kon verkeer nie.)
- Verander nie vinnig van temperatuur nie. (moet baie hitte opneem of afgee voordat die temperatuur met 1°C styg of daal: daarom sal ons ‘n konstante liggaamstemperatuur kan handhaaf)
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om die voordele van water as oplosmiddel te bespreek [lu 2.1, lu 2.3]
Voordele:
- Baie waterdiere is afhanklik van die suurstof in water. Natuurlike water in riviere en mere bevat suurstof . As die water kouer is of as die water oor watervalle vloei, los daar meer gasse op in die water. Dit verklaar waarom visse wat in riviere voorkom, nie in ‘n vistenk in die huis kan oorleef nie – daar is nie genoeg suurstof in nie!
- Koolsuurgas word ook in water opgelos. ‘n Voorbeeld hiervan is gaskoeldranke wat ons drink.
- Medisinale stowwe ( vaste stowwe of vloeistowwe ) word in water opgelos en dan as medisyne gebruik.
- Vuilgoed in ons klere kan oplos in water wanneer ons klere gewas word.
- Ons gebruik water elke dag om onsself te was .
- Suiker, sout en ander geurmiddels los op in water. Ons kan dus ons kos daarmee geur .
- Kleurstowwe los in water op.
Nadele:
- Giftige stowwe wat nadelig is vir mense/diere/plante kan ook in water oplos.
- Te veel water in die grond kan veroorsaak dat die soute in die grond oplos en dieper insink in die grond – die bolaag het dan heeltemal te min mineraal-soute .
- Sekere kleurstowwe is oplosbaar in water en wanneer die kledingstowwe in water gewas word, verbleik die klere.
Skryf ‘n paragrafie oor die waarde van water in die natuur.
_____________________________________________________________________

Assessering
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenisvolle inligting onthou;
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.