AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
Graad 4
SKOOLPRET
Module 36
INSTRUKSIES EN TEENOORGESTELDES
Aktiwiteit 1
Om eenvoudige instruksies te gee [LU 2.3.2]
('n mondeling-aktiwiteit)
Toe Gert vir Juffrou vertel dat sy potlood stomp is, het Juffrou vir hom gesê om sy potlood skerp te maak.
Watter instruksies sal jy vir jou maat gee as hy/sy die volgende sê? Werk in pare. Een maat lees 'n stelling, terwyl die ander een vir hom/haar 'n instruksie gee.
Stellings
Die lyn is skeef. My boek lê op die grond.
Die prent is losgetrek. My werk is nie voltooid nie.
Die bord is vuil. My som is verkeerd.
Daar is 'n fout in my boek. Ek wil nie die papiertjie hê nie.
My tas is deurmekaar. My taak is klaar.
Aktiwiteit 2
Om van teenoorgesteldes te leer [LU 6.3.2]
('n mondelinge, skriftelike en woordeskat-aktiwiteit)
Dunne Dinnie kom so pas uit die fabriek en is baie trots op haar goeie toestand, maar Dikke Daan is baie ongelukkig, want hy is al opgebruik.
1. Onderstreep al die woorde wat hierdie twee potlode beskryf. Bespreek nou in jul groepies watter woorde teenoorgestelde betekenisse het.
2. Werk in groepe en skryf op ongedrukte koerantpapier soveel teenoorgesteldes as moontlik neer. Julle kan ook prente in tydskrifte wat teenoorgestelde betekenisse uitbeeld, soek en dit plak. Bring hierdie plakkate teen die muur in die klas aan. Kontroleer net of die woorde korrek gespel is.
3. Maak gebruik van die woorde in die potloodsakkie om die volgende sinne te voltooi.
(a) Die HB-potlood skryf nie lig nie, maar .......................................
(b) Die HB-potlood se lood is nie sag nie, maar ........................... .
(c) Party kinders werk vinnig en ander werk ............................. .
(d) Tony het sleg gedoen in sy wiskundetoets, maar hy het in sy Afrikaanse toets ............................... gedoen.
(e) Ons skrif mag nie te groot of te ........................................... wees nie.
(f) As ons so lelik in ons boeke werk, vra Juffrou dat ons .......................moet werk.
(g) Ons hande mag nie vuil wees nie, maar ................................... .
(h) Marlene het baie sterretjies in haar boek, maar Ansie het nog .............. .
(i) Ons is altyd soggens vroeg by die skool en kom nooit .....................nie.
(j) Stiaan is nie lui nie, maar is baie.........................................
Aktiwiteit 3
Om ‘n blokkiesraaisel in te vul [lu 3.5.3]
Woordeskat
Vul die blokkiesraaisel in. Die leidrade sal julle help. Vergelyk julle antwoorde met die antwoorde van 'n maat.
1 | |||||||||||||||
2 | 3 | 4 | |||||||||||||
5 | |||||||||||||||
6 | 7 | 8 | |||||||||||||
9 | |||||||||||||||
10 | |||||||||||||||
11 | 12 | ||||||||||||||
13 | |||||||||||||||
14 | |||||||||||||||
Af
1. 'n Ander woord vir skoolklere. u......................
2. Die hoof van 'n skool.
3. ‘n Kind in die skool. l.................
4. Die kinders stap in r................ in die gange.
5. Dit help ons om te weet watter klasse ons op 'n sekere tyd het. r................
7. Ek dra my boeke in 'n t.................
8. Die vertrek waarin ons werk en leer. k..............................
12. 'n Groot en belangrike toets. e...............................
13. Die kinders sit daarin. b...............................
Dwars
2. Die plek waar die kinders pouses speel. s............................
6. ‘n Ander woord vir ‘n onderwyser; iemand wat vir kinders leer hoe om te lees en te skryf.
9. Aan die einde van die kwartaal word ons vordering in 'n v............... aan ons ouers gestuur.
10. Ons lees daaruit. b..........................
11. Wiskunde en Tegnologie is twee l.................................
14. Toetsing aan die einde van ‘n les om te sien of die kinders die werk ken en verstaan. a........................................
ASSESSERING: Ek het .............................. woorde reg ingevul.
Assessering
Leeruitkoms 2: praat
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
- die addisionele taal gebruik om inligting oor te dra:
2.3.2 eenvoudige instruksies gee.
Leeruitkoms 3: lees en kyk
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.5 vir genot en inligting lees:
- raaisels oplos (soos blokkiesraaisels).
Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
- sy/haar woordeskat ontwikkel:
- algemene woorde met teenoorgestelde betekenis verstaan en gebruik (soos: lelik/mooi).
Memorandum
Aktiwiteit 2
1. bly, jonk, mooi, lank, maer, skerp
hartseer, lelik, oud, kort, vet, stomp
3. (a) donker
(b) hard
(c) stadig
(d) goed
(e) klein
(f) mooi
(g) skoon
(h) min
(i) laat
(j) fluks
Aktiwiteit 3
af:
(1) uniform
(2) skoolhoof
(3) leerder
(4) rye
(5) rooster
(7) tas
(8) klaskamer
(12) eksamen
(13) banke
dwars:
(2) speelterrein
(6) opvoeder
(9) verslag
(10) boeke
(11) leerareas
(14) assessering