- Natuurlike stowwe: wol, katoen, sy, ens.
Katoen is lig en gemaklik, maar dit kreukel maklik en is swaar om te stryk.
- Sintetiese stowwe: word deur die mens vervaardig, bv. poliëster, akriel, viskose, glasvesel, ens. Ons kan hierdie name op die etikette van klere sien. Kyk gerus na die etikette wat op jou klere aangebring is deur fabrieke!
Wanneer katoen met poliëster gemeng word, kry ons ‘n nuwe mengsel, nl. poliëster-katoen – dit was maklik, word vinnig droog en stryk makliker, bv. hemde. Denimmateriaal word ook deesdae gemeng met lycra en lewer ‘n sterk materiaal wat kan rek, bv. jeans.
Opdrag 11 (Individueel)
- Kry etikette wat aan sommige van jou kledingstukke by die huis is en ontleed die materiale waarvan die kledingstukke gemaak is. Probeer om so veel as moontlik mengselstowwe te kry en ontleed dit as volg:
Natuurlike Stowwe | Sintetiese Stowwe |
__________________________________ | __________________________________ |

Die mens begin al hoe meer stowwe meng om aan verskillende behoeftes te voldoen. Nie alle mengsels is egter mensgemaak nie. Been is bv. ‘n natuurlike mengsel.
MATERIAAL | VERVAARDIG VAN | GEBRUIKE | VOORDELE |
Been | Kalsiumfosfaat +proteïenvesels | Geraamtes | Harder as proteïen.Meer buigbaar as kalsiumfosfaat. |
Gewapende beton | Betonmengsel + versterkte staal-stawe | Konstruksie | Sterker as beton.Goedkoper en ligter as staal. |
Veselglas | Plastiek + veselglas | Bote, karavane | Sterker as plastiek.Minder breekbaar as glas. |
Koolstofvesel versterk met plastiek | Koolstofvesel + plastiek | Golfstokke, vis-stokke, tennis-rakette, vliegtuig-onderdele | Goedkoper as suiwer koolstofvesel.Baie sterker as plastiek. |
Motorbande | Rubber + rayon/staaldrade | Buitebande vir motors, motorfietse | Sterker as rubber.Nog steeds elasties en buigbaar. |
Gelamineerde hout | Verskillende lae van houtsoorte | Laaghout | Goedkoper as soliede hout.Trek nie so maklik krom nie. |
- Doen ‘n bietjie navorsing en identifiseer nog vyf voorbeelde van mengsels wat ‘n belangrike rol in ons moderne, tegnologiese wêreld speel.
1.___________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
2.___________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
3.___________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
4.___________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
5.___________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Assesering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel;
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer.
Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon .
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder die impak van wetenskap en tegnologie verstaan.