Wiskunde
Meetkunde, datahantering en waarskynlikheid
Waarskynlikheid
Opvoeders afdeling
Memorandum
1.
1.1 Moontlik
1.2 Moontlik
1.3 Seker
1.4 Moontlik
1.5 Onmoontlik
1.6 Moontlik
1.7 Onmoontlik
1.8 Onmoontlik
1.9 Seker
1.10 Moontlik
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om die moontlikheid van gebeure in die daaglikse lewe te voorspel [lu 5.8]
1. Werk saam met ‘n maat. Besluit of die volgende seker, moontlik of onmoontlik is. Maak net ‘n regmerkie in die toepaslike kolom:
Seker | Moontlik | Onmoontlik | ||
1.1 | Dit gaan Woensdag reën. | |||
1.2 | As jy ‘n dobbelsteen gooi, sal dit op die 3 val. | |||
1.3. | Sondag kom voor Maandag. | |||
1.4 | Die netbalspan sal hul wedstryd wen. | |||
1.5 | Jy kan binne 15 minute van Durban na Kaapstad vlieg. | |||
1.6 | Ek sal volpunte in my volgende toets kry. | |||
1.7 | Daar sal volgende jaar geen skoolvakansie wees nie. | |||
1.8 | As ek weer verjaar, is ek 10 jaar oud. | |||
1.9 | Donderdag kom na Woensdag. | |||
1.10 | Ek gaan R1 000 wen. |
HET JY GEWEET?
Jy was eintlik besig om die waarskynlikheid dat iets sou gebeur of nie sou gebeur nie, hierbo te skat. Ons kan syfers aan die skatting koppel.
- ‘n Waarskynlikheid van een beteken dat die gebeurtenis beslis sal plaasvind .
- ‘n Waarskynlikheid van nul beteken dat die gebeurtenis nooit sal plaasvind nie .
- Ons kan die waarskynlikheid dat iets sal gebeur, soos volg bepaal:
Die aantal kere wat die gebeurtenis kan plaasvind
Totale aantal moontlikhede
Die waarskynlikheid om ‘n rooi bal uit ‘n houer met 2 rooi en 3 blou balle te trek, is
Dus:
(daar is 2 rooi balle)
(daar is 5 balle altesaam)
Assessering
Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak, en om toevallige variasies te interpreteer en te bepaal.
Assesseringstandaard 5.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die verskeidenheid van gebeurtenisse in die daaglikse lewe wat op waarneming gegrond is, vergelyk en hulle op ‘n skaal van ‘onmoontlik’ tot ‘definitief’ plaas.