Wiskunde
Word slim met syfers
Opvoeders afdeling
Memorandum
INLEIDING
Die Graad 1-opvoeder moet vasstel of die leerders ‘n preprimêre klas bygewoon het. Vir dié wat nie in ‘n preprimêre klas was nie, is dit nodig om Modules 1 en 2 aan te pas om meer aktiwiteite in te sluit ten einde die woordeskat en konsepte in hierdie modules te versterk. Vir dié wat wel in ‘n preprimêre klas was, sal Modules 1 en 2 as hersiening dien en sal aan die opvoeder ‘n duidelike beeld gee van hoeveel hulle weet.
TYDTOEWYSING
Daar is twee modules vir elke kwartaal. Dit kan egter gebeur dat vinnige werkers die modules in ‘n korter tyd sal voltooi as dié wat stadiger werk. Dit staan die opvoeder vry om die getalgebied uit te brei volgens die leerders se vermoë. Modules 1 - 7 is die minimum vereiste vir die stadige leerders.
Kritieke- en Ontwikkelings Uitkomste
Die leerders moet uiteindelik kan:
1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;
2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;
3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;
4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;
5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;
6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;
7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;
8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;
9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;
10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;
11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en
12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.
Aktiwiteite oor lente in die natuur:
- tel tot 50 en tot 100;
- tel terug vanaf 38;
- tel in 1’e, 2’e, 3’e, 4’e, 5’e en 10’e;
- getalbegrip 1 tot 17;
- samestellings tot 9, toevallig tot 12;
- + 5 en – 5;
- vorms – eienskappe van kubusse, blokke en sfere;
- posisie verander vorms;
- lengte van skaduwees;
- tyd: dae van die week, vandag, gister en môre; en
- woordsomme met geld.
Leerders afdeling
Inhoud
- Kleur al die vorms wat dieselfde lyk in dieselfde kleur.
- Voltooi.
Daar was meer ............................................................ as ................................................
Daar was minder .......................................................... as ..............................................
LU 3.1 | LU 5.2 | LU 5.5 | LU 5.6 |
- Voltooi.
- Teken 50 skoenlappers.
- Tel die skoenlappers.
LU 1.1 | LU 1.8 |
- Toring 7 is .................................................. (hoog of laag)
- Toring 17 is .................................................. (hoog of laag)
- Toring 7 is .................................................. as toring 17. (hoër of laer)
- Toring 17 is .................................................. as toring 7. (hoër of laer)
- Voltooi altwee torings. die “+” teken sal jou help.
- Kies een en kleur in.