................................................................................................................
................................................................................................................
................................................................................................................
................................................................................................................
................................................................................................................
Aktiwiteit 2
Om ‘n skoolrooster te lees en in te vul [LU 3.3.4, 5.3.2]
Die rooster ('n leesaktiwiteit)
Bennie weet nie wanneer hy watter leerareas se klasse het nie en daarom moet hy 'n klasrooster kry. Hierdie klasrooster is nog nie voltooi nie. Lees die inligting en vul die rooster vir Bennie in.
PERIODES | Maandag | Dinsdag | Woensdag | Donderdag | Vrydag |
1 | |||||
2 | |||||
3 | |||||
4 | |||||
P | O | U | S | E | |
5 | |||||
6 | |||||
7 | |||||
P | O | U | S | E | |
8 | |||||
9 | |||||
10 |
1. Elke dag van die week begin ons met 'n godsdiensperiode in die periode vir Lewensoriëntering (LO), behalwe op 'n Vrydag, want dan is daar 'n saalbyeenkoms.
2. Ons sluit die week af met twee liggaamsbeweging- (L.O.) periodes.
3. Die vierde periode op 'n Dinsdag en op ‘n Donderdag is Kuns en Kultuur(sang, dans en drama).
4. Die drie periodes tussen die twee pouses op 'n Donderdag is Tegnologie.
5. Elke dag, net na godsdiens en saal, is daar twee periodes Wiskunde.
6. Op 'n Maandag, Woensdag en 'n Vrydag, net voor eerste pouse, is dit lees.
7. Woensdae, net na tweede pouse, gaan die klas biblioteek toe.
8. Die laaste twee periodes op 'n Woensdag is Kuns en Kultuur (kuns).
9. Maandae, Dinsdae en Vrydae werk die klas aan temas (NW, SW en EBW) vanaf die vyfde periode tot tweede pouse.
10. Al die periodes wat oorbly, is taalperiodes. Op Maandae en Woensdae is dit Afrikaans (TGK) en op die ander drie dae is dit Engels(LLC).
Assessering
Leeruitkoms 3: lees en kyk
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.3 vir inligting lees:
3.3.4 diagramme, grafieke en tabelle lees (soos ‘n stamboom).
Leeruitkoms 4: skryf
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
4.5 ontwikkelende kennis gebruik van taalstruktuur en – gebruik:
4.5.2 bekende woorde korrek spel.
Leeruitkoms 5: dink en redeneer
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
5.3 inligting versamel en dit op verskillende maniere opteken:
5.3.2 byskrifte by eenvoudige kaarte, tabelle, grafieke en diagramme ontwerp, teken en skryf.
Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
6.3 sy/haar woordeskat ontwikkel:
- ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse gesproke woorde binne konteks verstaan teen die einde van graad 4. Indien leerders die addisionele taal vir leer in ander leerareas gebruik, behoort hulle na 3 500 woorde te mik.
Memorandum
Aktiwiteit 1(b)
skool + tas
skool + boeke
skool + fonds
skool + klere
skool + bus
skool + wapen
Aktiwiteit 1(c)
boek + rak
potlood + sakkie
skryf + bord
kuns + klas
skool + hoof
speel + grond
sak + rekenaar
lees + boek
bord + kryt
kos + bakkie
Aktiwiteit 2
.
PERIODES | MAANDAG | DINSDAG | WOENSDAG | DONDERDAG | VRYDAG |
1 | Godsd | Godsd | Godsd | Godsd | Saal |
2 | Wisk | Wisk | Wisk | Wisk | Wisk |
3 | Wisk | Wisk | Wisk | Wisk | Wisk |
4 | Lees | K&K | Lees | K&K | Lees |
P | O | U | S | E | |
5 | NW | NW | Afr | Teg | NW |
6 | SW | SW | Afr | Teg | SW |
7 | EBW | EBW | Afr | Teg | EBW |
P | O | U | S | E | |
8 | Afr | Eng | Bibl. | Eng | Eng |
9 | Afr | Eng | K&K | Eng | LO |
10 | Afr | Eng | K&K | Eng | LO |