Natuurwetenskappe
Materie, meting en reaksies
Materie en meting
Opvoeder afdeling
Memorandum
- Organies: lewende; anorganiese: nie-lewende
- Waarneming: Die asyn het gereageer met die melk en ‘n ‘nuwe’ stof met ‘nuwe’ eienskappe is gevorm.
- Gevolgtrekking: Die spesiale eienskappe van melk en asyn is gebruik om ‘n nuwe sintetiese stof te vervaardig.
- Gebruike van ‘nuwe’ stof: As prop om iets te verseël; beskerming; versiering, ens.
- Soos in gegewe illustrasie, maar met die houers wat gebruik is en die bron van hitte (doel: oefen die leerder se vermoë om dit wat hy waarneem met ‘n tekening voor te stel.)
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om plastiek as ‘n voorbeeld van sintetiese of mensgemaakte stowwe te ondersoek [lu 1.2, lu 1.3]
Plastiek is ‘n mensgemaakte stof. Plastiek word gemaak omdat dit spesiale eienskappe het en omdat dit goedkoper is om te vervaardig as om natuurlike stowwe te vind. Plastiek is byvoorbeeld sterk en waterdig. Dit kan baie nuttig gebruik word in verpakkings en as beskerming vir ander stowwe dien.
EKSPERIMENT: MAAK JOU EIE PLASTIEK
Alhoewel die meeste soorte plastiek van petroleumolie gemaak word, kan ‘n soortgelyke plastiek vervaardig word deur melk te gebruik. Melk bevat koolstof en kan dus as ‘n organiese stof geklassifiseer word.
- Slaan die betekenis van “organiese” in die woordeboek na.
_____________________________________________________________________
BENODIGDHEDE:
20ml asyn;
‘n kookpot;
200 ml volroom melk
METODE:
- Gooi die melk in die pot en bring dit stadig tot kookpunt.
- Voeg 20 ml asyn by die melk.
- Hou aan met roer totdat die mengsel rubberagtig word.
- Verwyder dit van die hitte en laat dit deeglik afkoel.
- Spoel die mengsel af met water.
WAARNEMING
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
GEVOLGTREKKING:

- Moontlike nuttige gebruike van die “nuwe” stof:
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
- Gebruik die woordelikse beskrywing van die eksperiment en maak ‘n skets of diagrammatiese voorstelling van die eksperiment.
ASSESSERING
LU | PUNTE | VLAK | VLAKAANDUIDER |
1 | Minder as 5 | 1 | Die skets/voorstelling maak geen sin nie, met geen waarneming en gevolgtrekking nie |
5 – 7(25% – 39%) | 2 | ‘n Basiese voorstelling met baie min waarneming en geen gevolgtrekking nie | |
8 – 13(40% – 69%) | 3 | ‘n Bevredigende voorstelling/skets met basiese waarneming, maar amper geen gevolgtrekking nie | |
14 – 20(70% – 100%) | 4 | ‘n Volledige voorstelling met byskrifte van die eskperiment met waarmeming en gevolgtrekking |
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel: organiseer en gebruik apparaat/toerusting of bronne om inligting in te win en te noteer;
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer: veralgemeen in terme van relevante aspekte en beskryf hoe die data die veralgemening onderskryf.