Natuurwetenskappe
Graad 8
Biodiversiteit: aanpassings en oorlewing
Module 27
Oorlewing: hoe diere by hul leefwyse aangepas is
Tipes Aanpassings
Daar is verskeie soorte aanpassings. In hierdie leereenheid gaan ons kyk na aanpassings by diere ten opsigte van voedingswyse en ten opsigte van beskerming deur middel van kleur.
A. Aanpassings ten opsigte van Voedsel
- om voedsel te kan bekom
- om voedsel te kan inneem
B. Aanpassings ten opsigte van Kleur
- om hulleself te beskerm
A. voedselaanpassings
Alle diere benodig kos om aan die lewe te bly. Nie net moet hulle die kos vind nie maar hulle liggame moet aangepas wees om dit in te neem en ook te verteer.
Die inneem en vertering van voedsel staan saam bekend as VOEDING .
Aktiwiteit:
Om verworwe kennis aan te wend om nuwe kennis te bekom
Die algemeenste voedingsaanpassings is: (Voltooi uit jou voorkennis)
HERBIVORE
KARNIVORE
OMNIVORE
Herbivore
- Plantmateriaal het nie baie voedingswaarde nie. Herbivore moet dus baie blaarmateriaal eet.
- Hulle moet groot pense hê om al die materiaal te stoor – party moet herkou.
- Blare is hard met dorings, hare, growwe stingels en slegte smaak.
- Herbivore moet dus sterk kaakspiere hê met maaltande
Noem twee voorbeelde van ’n herbivoor uit elk van die volgende kategorieë:
1. soogdiere
2. voëls
3. insekte
Karnivore
- Vleis het meer voedingswaarde maar dit moet gejag en gevang word.
- Karnivore moet dus vinnig en sterk wees met kloue of sterk snawels.
- Hulle moet skerp tande en sterk kaakspiere hê.
- Hulle hoef nie groot hoeveelhede kos in hul spysverteringskanale te stoor nie.
Noem twee voorbeelde van ’n karnivoor uit elk van die volgende kategorieë:
1. soogdiere
2. voëls
3. insekte
Omnivore
- Aangesien hulle beide plant- en diermateriaal eet, moet hulle vir beide tipes voedsel aangepas wees: skerp- sowel as maaltande; goed ontwikkelde spysverteringstelsel; moet prooi kan vang.
Noem twee voorbeelde van ’n omnivore uit elk van die volgende kategorieë:
1. soogdiere
2. voëls
3. insekte
Die algemeenste aanpassing ten opsigte van hierdie voedingswyses is die GEBIT in die skedel van die dier.
- Gebit – verwys na die tande in die skedel.
- Daar is VIER soorte tande.
Skryf die funksies van elk by die onderskeie voedingswyses neer.
Snytande |
Herbivoor | |
Karnivoor | |
Omnivoor |
Herbivoor | |
Karnivoor | |
Omnivoor |
Herbivoor | |
Karnivoor | |
Omnivoor |
Herbivoor | |
Karnivoor | |
Omnivoor |
HERBIVORE: moet afsny/knaag en maal – dus goeie snytande en maaltande
KARNIVORE: moet byt en skeur – dus goeie snytande en oogtande; kiestande het vorm van skeurtande en nie maaltande nie.
OMNIVORE: alle tande moet ewe goed werk en ontwikkel wees.
LU 2.1; LU 2.4
Aktiwiteit:
Om korrek te identifiseer
Tande
Bestudeer die sketse en beantwoord die vrae wat volg:
1. Watter skets is ’n kiestand? Hoekom sê jy so?
2. Van watter soort dier kom die kiestand waarskynlik?
3. Identifiseer die ander tand en gee ’n rede vir jou keuse.
Skedels en soorte gebit
Bestudeer die volgende sketse en voltooi die opdrag:
Skets 1:
Voedingsoort (herbivoor, karnivoor of omnivoor)
Redes
Dier wat moontlik voorgestel word (bv. skaap)
Skets 2:
Voedingsoort (herbivoor, karnivoor of omnivoor)
Redes
Dier wat moontlik voorgestel word (bv. skaap)
Skets 3:
Voedingsoort (herbivoor, karnivoor of omnivoor)
Redes
Dier wat moontlik voorgestel word (bv. skaap)
Assessering vir UITKENNING:
Kon jy die sketse korrek identifiseer en die vrae beantwoord?
[LU 2.1]
Opdrag:
Ons het nou gekyk na wyses waarop diere ten opsigte van hul gebit en tande by ’n bepaalde voedingswyse aangepas het. Gebruik nou jou kennis van katte, leeus en luiperds en beskryf hoe die liggame van karnivore by dié voedingswyse aangepas het.
[LU 2.4]
B. kleuraanpassings
Elke dier in die natuur is ’n moontlike PROOI vir ’n ander organisme. Hulle moet hulleself dus ten alle koste beskerm – ter wille van OORLEWING.
Ter illustrasie van maniere om vyande te uitoorlê, kyk ons na KLEURAANPASSINGS :
- Kamoeflering (kleuraanpassing – om onherkenbaar te wees)
- Waarskuwings (kleuraanpassing om te waarsku – gif of slegte smaak)
Mimikrie (nabootsing)
Kamoeflering
Die dier wil met sy natuurlike omgewing saamsmelt deur:
Kleur, bv. groen sprinkaan op gras
Patrone, bv. mot op boombas
Strepe, bv. sekere paddas tussen riete
Vlekke, bv. naguil se vlerke
Kleurveranderinge, bv. verkleurmannetjie of visse
Baie mariene diere het ’n blinkwit onderkant en donker bokant
Kleurveranderinge met seisoene bv. poolvos
Kleuraanpassings wat met vormaanpassing gepaard gaan, bv. stokinsekte of landmeterruspe
Waarskuwende kleure
- Die dier het opvallende of helder kleure maar wil waarsku teen slegte smaak, giftigheid of ’n onaangename stof.
- Hulle het gewoonlik rooi, geel of wit kleuring op swart.
- Byvoorbeeld:
Stinksprinkaan
Stinkmuishond
Skilpadkewers
Wespe
- Ander, soos sekere motte (bv. die dennepoumot) het groot vlekke wat soos oë lyk om predatore af te skrik.
Mimikrie
- In hierdie aanpassing boots die een gewoonlik ’n ander spesie na wat reeds suksesvolle oorlewing toon. Veral insekte maak hiervan gebruik.
- Die een insek is die MODEL
- Die ander is die NABOOTSER
- Die swaelstertskoenlapper 9eerste skoenlapper) is ’n goeie voorbeeld van ’n na-aper. Die melkbosskoenlapper is die model.
’n Ander voorbeeld is vlieë wat wespe of bye naboots.
Aktiwiteit:
Om kleuraanpassings te identifiseer
Bestudeer die sketse en sê watter soort aanpassing telkens ter sprake is.
Assessering vir TOEPASSING:
Kon jy die korrekte aanpassings identifiseer?
[LU 2.4]
Assessering
LU 2
Wetenskaplike Kennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is bewys as die leerder:
2.1 sinvolle inligting kan onthou;
2.2 inligting in kategorieë kan plaas;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.
Memorandum
Oorlewing - dieraanpassings
Aktiwiteit: UITKENNING – tande en gebit
- Kry voorbeelde van skedels vir lesing
Aktiwiteit: IDENTIFISEER - KLEURAANPASSINGS
- Knip-en-plak-aktiwiteit