This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

3.2 Muggie deel 03 - 03  (Page 3/3)

deur ............................................................................... (jou naam)

LU 2.2 LU 4.3.2 LU 4.5.2 LU 4.6.2

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na stories, gedigte, liedjies en ander mondelinge tekste luister en begrip toon:

1.4.1 vir die onderwerp of hoofidee luister;

1.4.6 gevoelens oor die teks uitdruk en redes daarvoor gee;

1.4.8 prente teken om begrip van ‘n mondelinge teks te illustreer en dit in eie woorde skryf.

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal verbeeldingryk vir pret en fantasie gebruik;

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:

3.2.3 ‘n wye verskeidenheid redelik komplekse tekste soos fiksie en nie-fiksie boeke, inhoudsopgawes en indekse lees;

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder tekste op hul eie lees en ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om betekenis te skep:

3.3.1 ‘n geskrewe teks vlot en met begrip lees;

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:

3.5.1 boeke, fiksie en nie-fiksie, kies en sê waarvan hy/sy hou en nie hou nie;

3.5.5 inhoudsopgawe, indeks, kernwoorde, opskrifte, onderskrifte en bladsynommers om inligting te vind gebruik;

3.5.7 inligtingsbronne identifiseer en vind, soos lede van die gemeenskap, biblioteekboeke.

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfstrategieë gebruik om ‘n skryfstuk te begin:

4.2.1 verskeie pre-skryfstrategieë gebruik om inligting te versamel en ‘n onderwerp te kies;

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf:

4.3.2 ‘n reeks kort tekste vir verskillende doeleindes skryf;

Assesseringstandaard 4.4: Dit is duidelik wanneer die leerder skryfstukke hersien:

4.4.1 eie en ander se skryfstukke bespreek om terugvoering te gee en te ontvang;

Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder skryfstukke “publiseer”:

4.5.2 skryfwerk met die bedoelde teikengroep, sosiale gesin of maats deel;

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:

4.6.2 met woorde uit stories, leesstukke, die media, grappe en klasmaats en ander se mondelinge taal eksperimenteer en dit gebruik;

4.6.5 pas kennis van ander tekste as model vir eie skryf toe.

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.4: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige navorsing doen:

5.4.1 vrae stel wat die taak help definieer en nodige inligting help verkry;

5.4.5 inligting opsom en dit op ‘n gepaste en interessante manier aanbied.

<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.