Hy hoor hoe gil hulle as die eindfluitjie
blaas. Hulle het gewen!
Hy wens hy was daar – een van die span.
Maar ai, die voet pla hom nog steeds.
Hy wonder of dit ooit sal gesond word.
Die hele somer kon hy nie deelneem
aan atletiek nie. Dit lyk vir hom of
hy die hele winter ook nie sal kan
rugby speel nie.
Hy draai om en swem nog ‘n paar
lengtes – kruipslag, borsslag, rugslag –
totdat hy doodmoeg is.
- Verduidelik aan jou maats hoe swem jy (a) kruipslag (b) borsslag (c) rugslag.
- Lees.
Medaljes vir die wenners!
Dit is Maandagoggend in die saal.
Meneer kondig die uitslae
van Saterdag se wedstryde aan
en wens die spanne geluk.
Die kinders klap hande en is bly
oor die spanne wat gewen het.
Themba weet as hulle so aanhou, sal
hulle aan die einde van die jaar
‘n medalje kry. ‘n Goue medalje.
Verlede jaar het sy span amper ‘n
silwer medalje gekry. Almal het gesê
hierdie jaar gaan hulle die wenners
wees. “Ons gaan die goue een kry,”
het hulle gesê.
Nou is hy nie eers deel van die span nie.
Nou kan hy nie eers die bal vyf meter
ver skop nie.
Mnr. Louw vra hom elke keer as hy hom
sien: “Themba, hoe gaan dit nou?
Wanneer sal jy weer kan rugby speel?”
“Ek weet nie, Meneer. Ek oefen elke dag.
Miskien volgende week,” sê Themba.
Maar hy weet dit sal nie volgende week
wees nie. Sy voet is nog te seer.
Vrae:
1. Wat het Meneer Maandagoggend in die saal gesê?
2. Wat sal die wenspan kry?
3. Themba klink ‘n bietjie moedeloos? Hoekom?
LU 3.3.1 | LU 3.3.2 | LU 3.3.3 |
- Voltooi die sinne met woorde wat op -ng of -nk eindig.
1. Mammie dra ‘n ......................................................................... aan haar vinger.
2. Sy .......................................................................... die deeg vir die pannekoeke.
3. Themba het ‘n ................................................................................ stok opgetel.
4. Themba se maat sit langs hom op die ..................................................................
5. Boet het sy ......................................................................................... raakgebyt.
6. Jy moet mooi ........................................................... voor jy jou wiskunde doen.
7. My pen het ............................................................................................... nodig.
8. Ek is regtig ...................................................................................... vir ‘n slang.
9. Wat is daardie ..................................................................................... wat daal?
10. Die ................................................................................ het die vuur veroorsaak.
LU 3.4.2 |
- Lees die sigwoorde in die medaljes vir ‘n maat.
- Kleur die medaljes in wat jy kan lees.
- Skryf die dae van die week in die korrekte volgorde:
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................