Afrikaans huistaal
Graad 4
Module 13
Geslagsvorme
Aktiwiteit
Om meer van geslagsvorme te leer
- Die prent hierbo is dié van die Bloemenhof-paleis. Dis 'n enorme en baie indrukwekkende woning. Natuurlik is dit die woning van 'n koning, Koning Karel en sy gesin.
Vandag is die paleis in rep en roer. Dit is die prinses se troudag. Die bruidegom se broer is strooijonker . Hy is natuurlik ook die prinses se aanstaande swaer . Die prinses se niggie is die strooimeisie . Die koning gaan sy dogter kerk toe vergesel in 'n luukse motor. Die prinses se mammie sal 10 minute voor hulle kerk toe vertrek en sy word vergesel deur die prinses se ouma en haar tante . Haar tante is 'n weduwee , want haar man is oorlede. Die orreliste sal die troumars begin speel wanneer die bruid gereed is om in te stap. Die sangeres wat hulle gaan toesing, is 'n groot vriendin van die prinses.
Daar is baie gaste na die huwelik uitgenooi. Natuurlik is daar baie bekende mense op die gastelys. Daar is onder andere 'n beroemde danser , 'n bekende skrywer , 'n akteur of twee en 'n baie beroemde rugby speler . Selfs twee gewese onderwyseresse van die prinses, 'n mejuffrou Nel en mevrou Gouws, is genooi. Die prinses se sekretaresse het die uitnodigings uitgestuur en dit was 'n baie groot werk. Die onthaal gaan 'n spoggerige affêre wees, met 'n deftig geklede kelner wat elke tafel se gaste moet bedien.
Die strate na en van die kerk sal ook stampvol mense wees, want die prinses is menige meisie se heldin . Hulle sal natuurlik net kan droom om die eienares van so 'n pragtige rok te wees. Dis mos baie meisies se droom om 'n prinses te kan wees en om in 'n pragtige paleis te kan woon!
- Jy het seker al agtergekom dat al die skuinsgedrukte woorde geslagsvorme is. Jy moet nou elke skuinsgedrukte woord onder Manlik of Vroulik op die volgende bladsy neerskryf en die teenoorgestelde geslagsvorm langsaan invul.
MANLIK VROULIK
.......................................................... .............................................................
.......................................................... ..............................................................

......................................................... ..............................................................

........................................................ ..............................................................
......................................................... ..............................................................
......................................................... ..............................................................
......................................................... ..............................................................
....................................................... ...............................................................
....................................................... ................................................................
...................................................... ................................................................
...................................................... ................................................................
...................................................... .................................................................
- Hierdie geslagsvorme is almal van mense, maar wat van diere? Die skets op die volgende bladsy is van ‘n plaastoneel. Jy sal sien daar is verskeie diere op die plaaswerf. Jy moet die dier eers identifiseer en die diersoort heel links neerskryf. Daarna word die Manlike en Vroulike kolomme ook voltooi. Die eerste voorbeeld is reeds gedoen.
DIERSOORT | MANLIK | VROULIK |
hoender | haan | hen |
………………………..……………………….. | ………………………...………………………... | ………………………..……………………….. |
………………………..……………………….. | ………………………...……………………….. | ………………………..………………………... |
………………………..……………………….. | ………………………..………………………. | …………………………………………………… |
………………………...……………………….. | ……………………….………………………. | …………………………………………………… |
Assessering
Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
6.2 met sinne werk:
- algemene selfstandige naamwoorde verstaan en gebruik, asook getal, geslag en verkleinwoorde.
Memorandum
Aktiwiteit (b)
MANLIK | VROULIK |
prins | prinses |
bruidegom | bruid |
broer | suster |
strooijonker | strooimeisie |
swaer | skoonsuster |
neef | niggie |
seun | dogter |
pappie | mammie |
oupa | ouma |
oom | tante |
wewenaar | weduwee |
orrelis | orreliste |
sanger | sangeres |
vriend | vriendin |
danser | dansers |
skrywer | skryfster |
akteur | aktrise |
speller | speelster |
onderwyser | onderwyseresse |
jongeheer | mejuffrou |
meneer | mevrou |
sekretaris | sekretaresse |
kelner | kelnerin |
held | heldin |
eienaar | eienares |
(c)
Diersoort | Manlik | Vroulik |
hoender | haan | hen |
skaap | ram | ooi |
perd | hings | merrie |
bees | bul | koei |
vark | beer | sog |
kalkoen | kalkoenmannetjie | kalkoenwyfie |
hond | reun | teef |