Natuurwetenskappe
Graad 8
Materie: klassifikasie
Module 18
Molekules
Klasaktiwiteit
Bou Molekule
- Verdeel die balletjies in drie groepe volgens kleure.
- Elke kleur (patroon) stel ‘n groep atome voor.
waterstofatome
suurstofatome
koolstofatome
- Bou nou modelletjies wat soos die volgende lyk:
twee waterstofatome + een suurstofatoom
twee suurstofatome + een koolstofatoom
Beantwoord die volgende vrae deur na bostaande te verwys:
1. Hier ( A ) het jy ‘n molekuul gebou wat beter bekend is as
Hier ( B) het jy ‘n molekuul gebou wat beter bekend is as
2. Wat dink jy word deur die stokkies voorgestel?
3. Molekule is dus samestellings van
4. Hoe lyk suurstofgas?
5. En osoon?
Assessering van modelbou-aktiwiteit
Kon jy die modelletjies bou?
[LU 2.2; 2.3]
Opdrag
Volhoubare Bronne
- Vind uit wat osoon is en waarom dit so belangrik is vir lewe op aarde.
- Doen verslag hieroor aan die klas as deel van 'n bewusmakingsveldtog oor hulpbronne in gevaar.
- Hou 'n uitstalling in die klas of skool.
Assessering van bewusmakingsveldtog
Het jy deelgeneem aan die veldtog om ander bewus te maak van die osoonlaag en al die kwessies wat daarmee verband hou?
[LU 3.2]
Assessering
LU 2
Wetenskaplike Kennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is bewys as die leerder:
2.1 sinvolle inligting kan onthou;
2.2 inligting in kategorieë kan plaas;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.
LU 3
Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing
Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.
Dit is bewys as die leerder:
3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;
3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.
Memorandum
Molekules
1. Water en koolstofdioksied
2. Bindings
3. O²
4. O³